Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Nadenke oor die graf

82

In Afrika speel die grafte van afgestorwenes ʼn belangrike rol in die

kulturele lewe. Die plek waar die voorvaders begrawe is, is heilig. Dink

maar net hoe emosiebelaai die kwessie van grondhervorming in baie

gevalle is omdat dit direk verbandhou met die grafte van die voorgeslagte

wat in stand gehou moet word. In die Europese en Amerikaanse kulture

is heldeakkers weer belangrik. Begraafplase vir gestorwe soldate word

verstaan as monumente wat van die nasionale strewes van ʼn volk

getuig. Waar die regte van mense misken is, hulle gesterf het en daar

op so ʼn manier van die oorskot ontslae geraak is dat ʼn graf nie uitgewys

kan word nie, het dit byna standaardpraktyk geword om die een of

ander monument ter herinnering aan die afgestorwenes op te rig. In

Europa het die oprigting van sulke monumente en besoeke daaraan

sterk simboliese waarde. Daar word nie alleen by hierdie monumente

aan die afgestorwenes gedink nie, maar die boodskap word ook

uitgestuur dat ʼn soortgelyke katastrofe as die een wat daar herdenk

word, nie herhaal mag word nie. Die Joodse buurt in Amsterdam

huisves byvoorbeeld baie monumente wat die dood van Jode tydens die

Tweede Wêreldoorlog herdenk. Sentraal tussen al hierdie tekens van

herinnering staan ʼn gedenkteken waarop die woorde geskryf is: “Nooit

meer Auschwitz”. Hierdie teken van herinnering speel ʼn belangrike rol

in die Westerse politiek van herinnering. Wat by die konsentrasiekamp

van Auschwitz en baie ander soortgelyke plekke gebeur het tydens die

Tweede Wêreldoorlog, behoort nooit weer te gebeur nie.

Onder die Afrikaners leef daar ook ʼn soortgelyke politiek van

herinnering. Ons ken nie net familiekerkhowe op plase nie, maar ook

konsentrasiekamp- begraafplase en Boereoorlog-begraafplase. Elke

klein dorpie het ook sy “heldeakker”, prominent geplaas by die ingang

van die begraafplaas, waar die stadsvaders van die gemeenskap

begrawe lê.

Grafte speel ook ʼn rol in die Bybel. Ons lees reeds in die

geskiedenis van die aartsvaders oor ʼn graf. In Genesis 23 vind ons die

vertelling van Sara se dood. Daar word net kort berig oor haar dood,

en die grootste deel van die hoofstuk word dan gewy aan ʼn vertelling

oor Abraham, haar man, se onderhandelinge met die Hetiete om ʼn

stuk grond met ʼn grot daarop aan te koop as graf vir sy vrou. Later

word in Genesis 25: 7-10 berig dat Abraham self ook op hierdie plek

Nadenke oor die graf - Dr Gafie van Wyk

Dr Gafi e van Wyk