Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
67

uit na die ewige Sabbat wat alreeds in hulle lewens aanbreek wanneer

die Gees in hulle werk en hulle die bose teenstaan (vgl Eks 20: 8-11;

Heb 4: 1-11; die Heidelbergse Kategismus 103).

Sondag het te make met die kollektiewe geheue van die kerk

van daardie moment toe die graf geopen het (Chittister 2009: 33).

Sondag is daarom nie ’n sekulêre, staats-georganiseerde dag van rus

vir werkers nie. Sondag is die dag van dankbare herinnering aan dié

gebeure wat die kerk tot kerk maak, naamlik die opwekking van Jesus

van Nasaret deur God die Vader2 . Om hierdie rede kon hierdie dag

oorspronklik gewoon bekend gestaan het as die dag van die Here – “die

dag van die opgestande Here”, die dag wat die Here gemaak het (Ps

118: 24). Ten spyte van die feit dat daar vir meer as ’n honderd jaar

geen uniforme liturgiese formaat onder Christelike gemeenskappe was

nie, beteken egter nie dat hulle om ander redes as die aanvaarding

van die opstandingsboodskap byeengekom het nie (vgl Luk 24: 35 en

Hand 2: 42). Vir die eerste geslagte Christene was dit vanselfsprekend

om op die eerste dag van die week byeen te kom in gebed, nadenke

en lofprysing, aangesien hulle Meester op hierdie dag die dood oorwin

het, opgevaar het na die hemel (Luk 24: 1, 13, 51), sy Gees oor hulle

uitgestort het, en hulle die wêreld ingestuur het (Joh 20: 19.22).

Eers in die jaar 321 nC het keiser Aurelius begin om hierdie

eerste dag van die week (volgens die Joodse kalender) “Sondag” te noem

– die dag van die verering van die son. Die keiser het tot die oortuiging

gekom dat die opgestane Jesus, eerder as die Romeinse songod, “die

son van geregtigheid” (Mal 4: 2) genoem moet word. Die verering van

die Een wat lewe moontlik maak, moet dus op ’n dag plaasvind wat by

sy historiese daad pas; en dít is die dag van sy opstanding. Die keiser

kon ook maklik die verband tussen Jesus Christus en die lig van die

son blootlê, aangesien Johannes Hom beskryf het aan hand van die

metafoor lig – die lig van die son (vgl Bieritz 2005: 56-82 en Chittester

2009: 36). Dink maar net aan hierdie woorde: Jesus was die lig vir die

wêreld (Joh 8:12) en ... die ware lig verlig almal (1 Joh 1: 7). Aurelius se

benaming van die dag van die opstanding as “Sondag” handel oor veel

meer as net ’n naam vir ’n bepaalde dag van die week. Dit het te make

met een van die moeilikste aspekte van kerklike sending, naamlik die

omvorming en/of afskaffi ng van tradisionele offerrituele (vgl Van Wyk

2010b: 33-41). Aurelius het ’n enorme bydrae tot die sending gelewer

deur sy onderdane aan te moedig om weekliks aan die Sondag-erediens

deel te neem in plaas daarvan om op ’n paar dae aan die Romeinse

songod te offer. Die lig, die nuwe lewe, is te vinde in die verkondiging

van die opstanding en nie in die deelname aan tradisionele offers nie.

Ek is daarvan oortuig dat wanneer die opstanding van Christus, en die

weeklikse herdenking daarvan, gediskrediteer word, ’n nuwe vorm van

natuurlike godsdiens bevorder word.

’n Liturgiese perspektief op die Paasgebeure - Prof Natie van Wyk