02.05.2013 Views

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

58

die mensheid wat Hy in sy vrye wil verenig het en aan Hom gebind het.

Daar sal die betekenis van die opstanding van Jesus Christus fi naal

deurbeek: …dit was vir ons soos ’n droom (Ps 126: 1/83v). Inderdaad,

by die jongste uur, met die voleinding van alle dinge, sal u en ek en

ons wakker gemaak word asof vanuit ’n droom tot die werklikheid van

’n hemelse heerlikheid. Dit, met agting, is wat ons van Emil Brunner

se insig kan neem.

Ons, die gelowiges, wag op ons opwekking en opstanding met die

wederkoms van ons Heer. Daar sal die tans verskuilde soewereiniteit van

Jesus Christus ontsluier word om die volheid van sy glorie, eksellensie

en majesteit te vertoon. Daar sal dit gesien word dat God Heer is oor

die mensheid wat Hy in sy vrye wil verenig het en aan Hom gebind het.

Daar sal die betekenis van die opstanding van Jesus Christus fi naal

deurbeek: …dit was vir ons soos ’n droom (Ps 126: 1/83v). Inderdaad,

by die jongste uur, met die voleinding van alle dinge, sal u en ek en

ons wakker gemaak word asof vanuit ’n droom tot die werklikheid van

’n hemelse heerlikheid. Dit, met agting, is wat ons van Emil Brunner

se insig kan neem.

Opsomming

Brunner fokus op die “eindtyd” betekenis van die opstanding van

die Here Jesus: met ander woorde, dat die volle betekenis van die

opstanding in terme van sowel inhoud as gevolg, eers met die voleinding

van alle dinge bekend sal word. Intussen bly die betekenis van die

opstanding versluierd: Ons het geen kategorie (byvoorbeeld tyd, ruimte,

liggaamlikheid, oorsaaklikheid en so meer) om die betekenis van die

opstanding te ontsluier nie. Taal (ook selfs metaforiese en analogiese

taal) beskik daarom nie oor die nodige konseptuele sleutels om die

betekenis van die opstanding te verduidelik of onder woorde te bring

nie; of anders gestel, die betekenis van die opstanding is radikaal

taalontoeganklik. Vanselfsprekend beteken die opstanding van die

Here Jesus in hierdie sin iets geheel anders as bloot dat ’n dooie

liggaam weer lewe. Ook ons eie opstanding moet teen die verwagting

van die eindtyd en die voleinding van alle dinge verstaan word:

Brunner gebruik Paulus se gespanne begrip geestelike liggaamlikheid

om die opstanding van die gelowiges en by implikasie die lewe van die

toekomstige eeu te verduidelik. Brunner se unieke bydrae vestig daarin

dat dit dus nie poog om die betekenis van die opstanding van hierdie

kant af te verstaan nie, maar die heilsfeit – of die geloofsbelydenis – dat

die betekenis van die opstanding slegs van die ander kant af verstaan

(sal) word, te glo. Ons glo dat die Here Jesus opgestaan het en dat ons

sal opstaan – wat presies daardie woorde beteken, weet nie Brunner of

enige van ons nie. Juis daarom glo ons dit.

Emil Brunner se opstandingsbeskouing - Dr Johann Beukes

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!