02.05.2013 Views

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

49

in 1952, het hy gedien as buitengewone professor in Christelike

wysbegeerte aan die Internasionale Christelike Universiteit van Tokyo

vanaf 1953 tot 1955 (McKim 1996: 30ev).

Sy laaste jare was gelukkig nie heeltemal alleen nie: Die bande

met Barth is toenemend heropgeneem en bestendig (Humphrey

1977: 132; vgl Jewett 1961: 60ev). Die laaste jare van Brunner se

lewe het inderdaad ’n toenemende nadering tot Barth se meer

ongekompromitteerde kultuurkritiese posisie vertoon, in samehang

met die fi losoof Martin Heidegger – die tematiese grondlegger van die

eksistensiefi losofi e en die soort eksistensieteologie wat daaruit gebore

is, in besonder via Bultmann – se laaste stilte en weiering om oor

die groot werklikhede van die taalontoeganklike oorsprong van, in sy

terminologie, alle Syn en daarom alle Daar-Syn uitsluitsel te probeer

gee of hoegenaamd ’n kenbaarheid te postuleer. Die laat Heidegger se

beroemde stilwording korrespondeer ook met die latere Brunner se

inkennigheid ten opsigte van die moontlikheid om nog taaltoeganklik

binne die moderne kultuur met eerbied aan die oorspronklike

Synsbedoeling, te refl ekteer. Daarom ook vir Brunner bly uiteindelik

net die openbaring en die voleinding oor; hy het in die laaste jare van

sy lewe verkies om liewer nie te praat nie as om te praat of wel te veel

te praat.

Die twee eertydse opponente, Barth en Brunner, die twee

belangrikste opponente binne maar ook eksponente van die dialektiese

teologie, het juis in die tematiese hegting van die taalbeskeie versugting

vanuit en na openbaring en voleinding, mekaar kwalik twee jaar voor

hulle dood kon vind en is as vriende dood. Mag God hierdie twee

verskynendes, in die kwetstalige werklikheid van teologiese proposisies,

naby Hom hou tot in alle ewigheid. Mag die Here Christus hulle ook

by die jongste uur aan die voleinding van alle dinge uitnooi: Karl, Emil,

nehmen Sie bitte Platz…

Brunner en Barth in 1965, kort voor albei se afsterwe, met

agting

Foto: Emil-Brunner-Stiftung, Zürich (1965)

Emil Brunner se opstandingsbeskouing - Dr Johann Beukes

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!