Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
50

Die ensiklopediese bedding van Brunner se opstandingsbeskouing

Ons fokus hier, in terme van Brunner se opstandingsbeskouing, op ’n

bydrae in die werklik volwasse stadium van sy oeuvre, naamlik die heel

laaste deel vanuit sy drie-volume Dogmatics (1946-1960). Belangrik in

die eerste plek is Brunner se ensiklopediese plasing van die opstanding,

te wete as eskatalogies in betekenis, te make met die voleinding van

die wêreld (Brunner 1962: 339-444). Die opstanding hanteer Brunner

dus in die heel laaste gedeelte van sy sistematiese teologie omdat dit te

make het met die heel laaste dinge (Brunner 1962: 408-414; vgl 1964:

170-173).

Brunner (1962: 339-444) bed hierdie opstandingsperspektief

in ’n omvangryke analise en bespreking van die voleinding in die

ewigheid van die Goddelike Selfopenbaring, die titel van die laaste deel

(4) van die laaste deel (Volume III) van sy dogmatiese uiteensetting.

Die opstanding, sou ’n mens kon stel, is vir Brunner die konklusie, die

reperkussie, van alle dinge aan die voleinding van die wêreld.

Brunner kies om die saak polemies te hanteer: Sy

opstandingsbeskouing word gekontekstualiseer midde sy kritiek van

die ontmitologiserende program van Bultmann (Brunner 1962: 339-

350), sy modernkritiese opstelling rakende die moderne se verset teen

die hoop wat intrinsiek in die Christelike geloof setel (Brunner 1962:

351-361), die teleologiese (einddoel) betekenis van die koninkryk van

God (Brunner 1962: 362-374), die misterie van die dood (Brunner

1962: 381-388), en die dialektiese betekenis van die hemelvaart van

Christus, synde die komende Heer (Brunner 1962: 389-407; vgl 1964:

170). Die opstanding het dus vir Brunner te make met die voleinding

van die spanningsvolle zwischen, die voleinding van die tussen-in,

die voleinding van die spanningsvolle tyd tussen die hemelvaart en

die wederkoms van die Here Jesus. Die skoonheid van Brunner se

opstandingsbeskouing vestig juis in die onverbloemde transendentale

aanspraak daarvan, midde ’n moderne kultuur wat nog net die

immanente in beskerming neem en kan neem.

Die resepsietradisie van die opstanding

Brunner (1962:408) bevraagteken nie die algemene

godsdiensvergelykende en godsdienshistoriese aanname dat

die opvatting van die opstanding van die ontslapenes deur ’n

zarathustriaanse invloed in die Judaïsme en vandaar na die Nuwe

Testament neerslag gevind het nie. Daar is reeds spore daarvan in

die Ou Testament, maar dit word volgens Brunner (1962: 408)

sonder uitsondering gevind in die ballingeliteratuur en post-eksiliese

Emil Brunner se opstandingsbeskouing - Dr Johann Beukes