02.05.2013 Views

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

51

geloofsdokumente van die Ou Testament. Brunner (1962: 408) gee

geredelik toe dat die Ou Testament, selfs in die profete se prediking,

nie gemoeid is met die lot van die individu na afsterwe nie en ook

nie begrip het van die voleinding van die koninkryk van God buite

die grense van historisiteit nie. Tog, in die Nuwe Testament, aldus

Brunner (1962: 408), is die idee van die opstanding klaarblyklik reeds

wyd bekend, hoewel grootliks ongewild in die Joodse godsdienstige

kringe van daardie tyd.

Die Here Jesus self ondersteun hierdie opstandingsperspektief

en koppel dit terug na die Ou Testament: Waar dit gaan oor die

opstanding van die ontslapenes, het julle nie gelees wat God aan julle

gestel het, naamlik dat Hy die God van Abraham, die God van Isak en

die God van Jakob is nie? God is nie die God van die dooies nie, maar

van die lewendes (sodanig vry, maar pragtig vertaal aangebied deur

Brunner [1962: 408]). Ook by die Here Jesus, soos in die Ou Testament,

word die aksent egter nie geplaas op die individuele opstanding van die

ontslapenes nie, maar wel met aksent op die koms van die koninkryk

van God, synde nie binne-histories nie, maar ’n gebeure wat van buite

(of van die anderkant, vom jenseits) deurbreek.

Die predikingstradisie van die apostels het ’n ander vertrekpunt

en, op die oog af, ’n ander inhoud (Brunner 1962: 408). In hierdie tradisie

is die vertrekpunt die feit van die opstanding van Jesus (Brunner 1962:

408). Maar hierdie faktiese voltooidheid van die opstanding staan nie

in isolasie nie: Dit is ten diepste vervleg met die teenswoordige tyd – dat

hierdie Jesus Christus teenwoordig is en dat sy teenwoordigheid deur

geloof en deur die Heilige Gees ’n konstante teenswoordige ervaring

is (Brunner 1962: 408). Dit juis vanuit ’n gemeenskapsteologie, die

getuienis van die ervaring van die geloofsgemeenskap (of die Ekklesia,

die begrip waaraan Brunner voorkeur verleen), dat die woorde wat aan

Jesus toegeskryf word, besonder betekenisvol is: Kyk, Ek is met julle

al die dae tot aan die voleinding van die wêreld (Matt 28:20/83v) en

Waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hulle midde (Matt

18:20/83v).

Volgens Brunner (1962: 408) het Albert Schweitzer dit in hierdie

opsig reg: Pauliniese teologie is ’n Christusmistiek – maar hierdie

Christusmistiek is terselfdertyd en primêr geloof in Christus, geloof in

wat eens en vir altyd aan sy kruis geskied het. Ook die vaarweldiskoerse

van Jesus in die vierde Evangelie is ’n Christusmistiek – gebaseer op en

gegrond in die geloof in die Here Jesus Christus (Brunner 1962: 409).

Tog is dit volgens Brunner (1962: 409) nie korrek om aan te

neem dat geloof in die opstanding van die Here eenvoudig ’n geloof in

die kruis as ’n reddende gebeurtenis is nie. Hier polemiseer Brunner

duidelik Bultmann (1954: 41) se bekende of dalk berugte posisie.

Die gebeure van Goeie Vrydag het die dissipels in ’n onbeskryfl ike

Emil Brunner se opstandingsbeskouing - Dr Johann Beukes

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!