02.05.2013 Views

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Redaksionele beleid

vi

Die THT het ’n tematiese aanslag. Die redaksie maak die jaartemas

aan die einde van die vorige jaar bekend en nooi die ampsdraers en

lidmate van die Kerk uit om artikels van ’n populêr-wetenskaplike aard

aan die redakteur voor te lê vir oorweging. Die redakteur, in oorleg met

die redaksie, nooi ook persone om oor spesifi eke onderwerpe te skryf.

Artikels kan tussen 1 500 en 6 500 woorde lank wees.

Ruimte word onder die rubriek Situasie gelaat vir een of twee

artikels wat nie met die tema van die bepaalde uitgawe verbandhou

nie. Só ’n artikel moet van besondere kerklike aktualiteit getuig.

Onder die rubriek Leesstof kan nuwe publikasies aangekondig

word. Resensies met die oog op die kerklike werk en gemeentelike

bediening sal ook verwelkom word.

Alle bydraes in hierdie tydskrif moet ’n positiewe, opbouende

bydrae lewer tot die sinodale en gemeentelike arbeid van die Nederduitsch

Hervormde Kerk. Die THT is ’n nie-polemiese blad. Alhoewel kritiek

teen sekere teoloë nooit algeheel vermy kan word nie, mag die fokus

van ’n artikel nie op die afwysing van ’n ander se (vermeende) opinie val

nie. ’n Voorbeeld: Indien daar ’n geleentheid is om oor die maagdelike

geboorte te skryf, moet ’n skrywer nie op die (beweerde) onaanvaarbare

stellings van ’n bepaalde teoloog konsentreer nie, maar moet selfstandig,

selfs in ’n kategetiese styl, aandui wat hierdie aspek van ons belydenis

vir lidmate kan beteken. Die THT konsentreer nie op die negatiewe

uitsprake van teoloë nie, maar op die positiewe bydrae wat gelewer

kan word tot verheldering van die evangelie. ’n Skrywer moet ook nie

hierdie tydskrif probeer misbruik om geloofsvyandige propaganda in

die Kerk te versprei nie. Geloofskritiese teoloë moet ander tydskrifte

gebruik vir die verspreiding van hulle gedagtes.

Populêr-wetenskaplik beteken dat artikels vir die hele Kerk

toeganklik moet wees. Die taal en styl moet dit vir belangstellende nieteoloë

moontlik maak om die artikels te lees. Waar tegniese taalgebruik

noodwendig is, sal die onbekende woorde in ’n woordelys verduidelik

word. Alle artikels moet egter van deeglike wetenskaplike navorsing

getuig. By sekere stellings en bewerings mag sekondêre bronne nie

voldoende wees nie. Verwysings na primêre bronne mag in sekere

gevalle vereis word.

Artikels word elektronies aan die redakteur gestuur. Indien

die redakteur twyfel oor die geskiktheid van ’n voorlegging of sekere

uitsprake in die voorlegging, oordeel minstens twee lede van die

redaksie saam met hom oor die saak. Die redakteur kan redes verskaf

oor die afwysing van ’n bepaalde voorlegging. Hy is egter nie daartoe

verplig nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!