02.05.2013 Views

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

79

om dogmatiese sake liturgies te benader. Ons lewe word gedomineer deur

die meedoënlose ritme van die verbruikerskultuur wat ons dag vir dag, week

vir week, maand vir maand in ’n lewensritme indwing wat ons menslikheid

skaad. Die deelname aan die herhalende feeste van die liturgiese kalender,

wat “van tyd tot tyd” die gewone gang van sake onderbreek (Jüngel 1976),

verruim die lewe van die homo faber (die werkende wese) tot ’n homo festivus

(’n feesvierende wese). Die kerklike erediens is daarom ten diepste ’n fees

van vryheid aangesien dit ons bevry van die verslawende ritmes van die

verbruikerskultuur (Jüngel 1990, 2000). Juis die kerklike feeste gee aan ons

’n belewenis van ekstase (uit-sigself-tree), en bring op hierdie wyse die mooiste

gevoelens in die lewe na vore. Deelname aan die kerklike liturgie is inderdaad

’n akte van “elementêre lewenswaardering” (Arnold 2010: 50).

2 Ek gebruik in hierdie artikel so ver moontlik die uitdrukking “opwekking

van Christus” in plaas van “opstanding van Christus”. Die rede: Dít is die

oorwegende taalgebruik van die Bybelskrywers en neem die misverstand weg

dat ons gewoon met ’n wonderwerk van Jesus te make het. Die Christelike

geloof berus op die daad van God. God, die almagtige Vader, het Jesus uit

die dood opgewek. Hy wat deur sy mag alles in aansyn geroep het, het sy

mag gebruik om ’n dooie tot lewe te roep. In die boek Handelinge is daar talle

voorbeelde van hierdie taalgebruik. Kyk gerus na die volgende:

Handelinge 2: 24: Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en

Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om

Hom gevange te hou.

Handelinge 2: 33: God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is

ons almal getuies.

Petrus sê in sy toespraak in die Pilaargang van Salomo (Hand 3: 11-26)

dat die God van sy voorvaders Jesus oorgelewer het en Hom uit die dood

opgewek het, waarvan hulle as dissipels getuies is.

Petrus en Johannes maak voor die Joodse Raad (Hand 4: 1-22) van

dieselfde taal gebruik. Ook dáár praat hulle van God wat Jesus van Nasaret

uit die dood opgewek het.

In Handelinge 5: 30 praat die apostels ná hulle vrylating uit die tronk ook

dieselfde taal as gesê word die God van ons voorvaders het Jesus uit die dood

opgewek nadat julle Hom vermoor het deur Hom aan die kruis te hang.

Petrus se toespraak by Kornelius in Handelinge 10: 34-43 lui: Maar God

het Hom op die derde dag uit die dood opgewek en Hom laat verskyn, nie aan

die hele volk nie, maar net aan ons vir wie Hy reeds gekies het om getuies

daarvan te wees, ons wat ná sy opstanding uit die dood saam met Hom geëet

en gedrink het. Hy het ons opdrag gegee om aan die volk te verkondig en te

bevestig dat dit Hy is wat deur God aangestel is as Regter oor lewendes en

dooies.

In Handelinge 13: 13-52 lees ons dat Paulus en Barnabas in Antiogië

onder andere sê: maar God het Hom uit die dood opgewek ... En nou verkondig

ons aan julle die goeie boodskap dat God die belofte aan die voorvaders vir ons,

hulle nageslag, vervul het deur Jesus uit die dood te laat opstaan. So staan dit

ook in die tweede psalm geskrywe... Paulus sê in Handelinge 17: 31 as bewys

van die regverdige oordeel wat kom het Hy Hom uit die dood laat opstaan.

’n Liturgiese perspektief op die Paasgebeure - Prof Natie van Wyk

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!