16.09.2013 Views

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KABV

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1-3

lopende skrif - ‘n vloeiende skrif waar letters vinnig gevorm word sonder om die pen of potlood te lig. ‘n Ander

lopende skrif is waar letters met verbindings gevorm word, maar die pen of potlood word in die proses opgelig

meta-kognitief - ‘n leerder se bewustheid van sy / haar eie denkproses

onderskrif - wat onder ‘n foto,plakkaat of prent geskryf word

ontluikende / vormende geletterdheid - verwys na die kind se groeiende kennis van die gedrukte woord. Kinders

sien die gedrukte teks in die omgewing en begin die doel daarvan verstaan. Wanneer stories aan hulle gelees en

vertel word, leer hulle hoe stories werk en wat boeke is. Selfs voordat hulle skool toe gaan, weet hulle dikwels reeds

baie. Hulle mag hulle eie idees van letters en spelling gebruik (vormende spelling). Hulle kan maak of hulle ‘n boek

of boeke lees (vormende lees). Dit is die begin van leerders se geletterdheid

oopeindevrae - vrae waarop die leerders verskillende response kan gee

ouditief - wat op die klank gerig is, luister / hoor

perseptueel-motories - perseptueel-motoriese vaardighede koördineer sig en gehoor deur middel van liggaamlike

aksies

plastisien - boetseerklei in alle kleure (speelklei)

publiseer - ‘n geskrif laat druk

ruimtelike oriëntering - bewuswording van voorwerpe in die ruimte rondom ons asook bewuswording van ons eie

liggaamsposisie in die ruimte

sigwoorde - woorde wat leerders outomaties (op sig) kan herken. Dit is nie nodig om hierdie woorde te ontleed (op

te breek) nie. Sigwoorde kom heel dikwels voor in vroeë lees of hoëfrekwensie woorde (byvoorbeeld hy, sy)

sinoniem - ‘n woord wat min of meer dieselfde as ‘n ander woord beteken (byvoorbeeld “mooi” en “pragtig”)

sintaksis - leer van sinsbou

sluitingstegniek - ‘n tegniek waar woorde van ‘n teksgedeelte uitgelaat word, byvoorbeeld elke vyfde woord. Die

leerders moet wenke volg om die openinge te vul. Dit word gebruik om begrip te toets en die taal te bemeester

stemtoon - gebruik van stem om gevoel uit te druk

storiebord - ‘n reeks prente wat ‘n storie illustreer

strategie - manier waarop leerders besig is om te dink oor lees,skryf en mondelinge taal sodat leer en begrip

bevorder kan word. Voorbeelde van begripstrategieë is voorspelling en visualisering

strutureel-analities - ontleding van dele van ‘n woord (voorvoegsel en agtervoegsels) om ‘n

onbekende woord te verstaan

tangram - ‘n Chinese legkaart wat uit sewe stukke bestaan en ‘n vierkant vorm van enige

geskrewe, gesproke of visuele vorm van kommunikasie wat die doelbewuste gebruik van taal behels

teks - enige geskrewe, gesproke of visuele vorm van kommunikasie

97

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!