16.09.2013 Views

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1-3

• Luister na ‘n eenvoudige oorvertelling, byvoorbeeld na die onderwyser wat vertel wat hy of sy die vorige naweek gedoen

het.

• Vertel, met die hulp van die onderwyser, wat hy of sy byvoorbeeld die vorige naweek gedoen het.

• Memoriseer en dra eenvoudige gediggies, aksierympies en liedjies voor, byvoorbeeld: Ek kan sien met my twee kleine

ogies …

• Speel taalspeletjies, byvoorbeeld deur te raai hoe iemand voel en van gepaste uitdrukkings en gebare gebruik te maak.

Fokus op luister- en praataktiwiteite (minimum 15 minute een maal per week, maksimum 15 minute twee maal per

week).

Luister na stories wat vertel of gelees word (gedeelde lees).

Afhangend van die klasrooster, kan die onderwyser een of twee maal per week ‘n storie lees of vertel (of ‘n

reeks gebeure weergee). Stories wat vertel word, kan deur gebare en met behulp van ander toneelbenodighede,

byvoorbeeld maskers, gedramatiseer word. ‘n Grootboek of ‘n geïllustreerde plakkaat (waarop al die leerders die

prent kan sien) word gebruik vir stories wat gelees word.

• Luister vir genot na kort stories en neem op gepaste tye aan refreine deel; gee terugvoering oor niefiksie-tekste wat uit

Grootboeke of geïllustreerde plakkate vertel word.

• Verstaan en reageer op instruksies. Maak gebruik van stories en tekste wat voorgelees word.

• Beantwoord eenvoudige ja- / nee-vrae oor ’n storie.

• Die onderwyser stel vrae en leerders identifiseer die voorwerpe in prente, byvoorbeeld: Wat is dit hierdie? Dit is ‘n vis.

• Dramatiseer dele van die storie deur van die teks gebruik te maak.

Ontwikkeling van begrippe, woordeskat en taalstrukture

Deur aan die bostaande aktiwiteite deel te neem, word …

• woordeskat, asook begripswoordeskat, byvoorbeeld die uitdrukking van gevoelens, uitgebrei; en

• begrip ontwikkel vir die gebruik van eenvoudige skakelwoorde by die verlede tyd, byvoorbeeld: Eers het ek … toe het ek …

daarna het ek…

ASSESSERING

Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite

Luister en praat (mondeling en / of prakties)

Week 1 - 5

• Identifiseer ‘n prentjie uit ‘n eenvoudige beskrywing, byvoorbeeld: Die seun is gelukkig, hy glimlag.

• Luister na ‘n eenvoudige vertelling en beantwoord maklike vrae daaroor, byvoorbeeld: Wat het Mandla eerste gedoen? Wat

het hy daarna gedoen?

Week 6 - 10

• Volg ‘n reeks instruksies, byvoorbeeld: Teken ‘n glimlaggende gesig. Teken dan ‘n hartseer gesig.

• Gee ‘n eenvoudige mondelinge vertelling, byvoorbeeld: Ek het Sondag 8-uur opgestaan. Toe was ek my en trek aan.

Daarna het ek kerk toe gegaan.

Voorgestelde formele assesseringsaktiwiteit 1

Luister en praat (mondeling en / of prakties)

• Luister na ‘n eenvoudige vertelling en beantwoord eenvoudige vrae daaroor, byvoorbeeld: Wat het die ou dame eerste

gedoen? Wat het sy volgende gedoen?

• Demonstreer begrip van sekere basiese woordeskat deur na die mense in die prent te wys, of voer aksies uit op grond van

die onderwyser se versoek, byvoorbeeld: Gee voor dat jy baie hartseer / gelukkig / kwaad / moeg, ensovoorts, is. Wys in

die prent na die hartseer / gelukkige / woedende / moeë meisie, ensovoorts.

46 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!