16.09.2013 Views

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1-3

AFDELiNG 2: iNLEiDiNG TOT TALE

2.1 Inleiding

in die Grondslagfase is die belangrikste vaardighede in die kurrikulum vir Eerste Addisionele Taal die volgende:

Luister en praat

Lees en klanke

Skryf en handskrif

Dink en Redeneer en Taalstruktuur en -gebruik is in al vier die taalvaardighede

(luister, praat, lees en skryfwerk) geïntegreer.

Die inhoud (kennis, begrippe en vaardighede) van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) is in die Kurrikulumen

Assesseringsbeleidsverklaring (KAByvoorbeeld) per kwartaal herrangskik onder bogenoemde opskrifte. Die

KAByvoorbeeld voorsien aan onderwysers die volgende:

• ‘n inleiding wat riglyne bevat oor die gebruik van die Grondslagfase-dokument;

• inhoud, begrippe en vaardighede wat aangeleer moet word per kwartaal;

• riglyne ten opsigte van tydstoekenning;

• vereistes vir formele assesseringsaktiwiteite en voorstelle vir informele assessering; en

• lyste van voorgestelde hulpmiddels per graad.

2.2 Toegevoegde tweetaligheid

Leerders wat skool toe kom, ken hul huistaal. hulle kan dit vlot praat en ken reeds duisende woorde. mondelinge

taal vorm dus die basis vir die aanleer van lees- en skryfvaardighede in Graad 1; daarom is dit makliker om in die

huistaal te leer lees en skryf.

Wanneer kinders ‘n addisionele taal in Graad 1 aanleer, moet dit op ‘n sterk mondelinge grondslag gebou word. Hulle

behoort baie en eenvoudige Afrikaans te hoor wat in konteks verstaan kan word. Deur na die onderwyser te luister

terwyl hy of sy stories uit groot, geïllustreerde boeke voorlees, is 'n goeie manier om die taal in konteks te hoor,

aangesien dit die leerder se ontluikende geletterdheid ondersteun. Soos wat die kind se begrip verbeter, moet daar

talle geleenthede geskep word waar hulle die taal op eenvoudige maniere kan praat. Dit dien weer as grondslag vir

die aanleer van lees en skryf in Graad 2 en 3.

Kinders kan baie geletterdheidsvaardighede van die huistaal af oordra. As leerders se skryfvaardighede goed in

die huistaal aangeleer is, kan hulle hierdie vaardighede by die skryf van Afrikaans gebruik. indien klanke goed in

die huistaal aangeleer is, hoef die letter-klank-verhouding nie weer in Afrikaans herhaal te word nie. hulle kan die

aangeleerde klankkennis in Afrikaans toepas, en dan hoef slegs die klanke wat van die huistaal verskil, aangeleer

te word.

Die Eerste Addisionele Taal van die KAByvoorbeeld benut die leerders se geletterdheidsvaardighede wat in

die huistaal opgebou is. Aktiwiteite soos groepbegeleide lees wat in Graad 1 huistaal aangebied word, word in

Eerste Addisionele Taal, Graad 2 bekendgestel. Dit staan as “toegevoegde tweetaligheid” bekend - om 'n sterk

geletterdheidsgrondslag in huistaal te lê en dan die Eerste Addisionele Taal daarop te bou.

8 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!