16.09.2013 Views

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

KABV

LEES EN KLANKE

INHOUD / BEGRIPPE / VAARDIGHEDE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1-3

GRAAD 1: KWARTAAL 1

Klanke / klankbewustheidsaktiwiteite (1 - 5 minute per aktiwiteit)

VOORGESTELDE KONTAKTYD

minimum tyd: 30 minute

maksimum tyd: 1 uur 15 minute per week

Hierdie aktiwiteit moet baie vlugtig gedoen word en met luister en praat en gedeelde leesaktiwiteite geïntegreer word.

• Breek mondelinge sinne in woorde op deur op elke woord te klap, byvoorbeeld sinne uit die storie.

• Identifiseer met behulp van die onderwyser woorde wat in stories, liedjies en rympies rym, byvoorbeeld: My twee ogies kan

sien. My twee handjies kan dien.

• Identifiseer verskillende beginklanke in woorde, byvoorbeeld: h in hoed, s in sak.

Ontluikende / Vormende lees (5 - 10 minute een of twee keer per kwartaal)

Daar moet ‘n permanente uitstalling in die klaskamer van plakkate en ander verpakkingsmedia wees wat in die mark

en omgewing beskikbaar is. Indien daar op uitstappies gegaan word, moet die onderwyser die leerders van gedrukte

teks uit die omgewing bewus maak.

• Herken algemene woorde uit die alledaagse omgewing, byvoorbeeld oop / toe, in / uit.

• Ontwikkel ontluikende lees, byvoorbeeld die konsep van teks deur die gedeelde leesaktiwiteite.

Gedeelde lees (minimum 30 minute en maksimum 1 uur en 15 minute per week)

As die onderwyser die maksimum tyd vir Eerste Addisionele Taal gebruik, moet sy / hy ‘n groot boek of plakkaat (of

enige ander vorm van vergrote teks) elke week bekendstel en elke dag die aktiwiteit doen. As die onderwyser die

minimum tyd vir Eerste Addisionele Taal gebruik, moet sy / hy dieselfde teks oor 2 tot 3 weke versprei en die aktiwiteit

een of twee maal per week doen. Die onderwyser lees die teks vir die hele klas, wys na die woorde en bespreek die

prente en die storielyn. Sy lees dit weer gedurende die week en moedig die leerders aan om mee te doen. Die teks

word gebruik om nuwe woordeskat bekend te stel.

• Luister na, volg die storie of niefiksie-teks en kyk saam met die onderwyser na die prente.

• Praat oor die prente en gebruik die huistaal waar nodig.

• Identifiseer voorwerpe in die storie. (Wys vir my die ou man. Wys na die hond.)

• Beantwoord eenvoudige vrae met behulp van die prente. (Waar is die hoed?)

• Leer mondelinge woordeskat aan, byvoorbeeld hoed, oud, man, wind.

• Na herhaalde lees, neem op gepaste tye aan refreine deel, byvoorbeeld: Sjj, sjj waai die wind.

• Dramatiseer die stories deur gedeeltes van die teks te gebruik.

• Teken ‘n prent wat die hoofgedagte van die storie weergee.

27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!