16.09.2013 Views

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Selfstandige lees (gedurende leerders se vrye tyd by die skool en tuis)

KABV

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1-3

Leerders moet aangemoedig word om in hul vrye tyd selfstandig te lees, byvoorbeeld tuis of wanneer hulle voor

ander leerders hul skriftelike werk voltooi het. Dit is belangrik dat leerders elke geleentheid in die klas benut om hul

lees te ontwikkel.

• Lees hul eie en ander se skryfwerk.

• Lees selfstandig (op hul eie) boeke wat in die geleide lees gelees is, boeke met eenvoudige onderskrifte en

prentstorieboeke wat in die leeshoekie voorkom.

• Maak van een- en tweetalige prentwoordeboeke gebruik om die betekenis van onbekende woorde na te slaan.

ASSESSERING

Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite

Klanke (mondeling en / of prakties en / of geskrewe)

• Groepeer woorde in woordfamilies, byvoorbeeld:

a - lat, mat, dat, vat

e - mes, ses, les, nes

i - mik, tik, stik, hik

o - stok, rok, lok, bok

u - bus, lus, mus

• Bou en vorm eenvoudige woorde met tweekonsonantverbindings, byvoorbeeld: plat, klip, klap, prop, drup, klep.

• Herken woorde met lang vokale, byvoorbeeld: die oo in groot en boot; die ee in speel en keel.

Voorstelle vir informele assesseringsaktiwiteite

Lees (mondeling en / of prakties)

• Vertel, met hulp van die onderwyser, ‘n deel van die storie in 2 - 3 sinne.

Voorgestelde formele assesseringsaktiwiteit 5

Lees (mondeling en / of prakties)

• Gebruik prente om die storie te verstaan. Rangskik die prente in die korrekte volgorde, gee ‘n onderskrif by die prent en

teken ‘n prent om die sin te illustreer.

• Lees uit ‘n Grootboek of enige ander vergrote teks ‘n kort leesstuk saam met die onderwyser, lees die titel en voorspel

waaroor die teks handel. Beantwoord mondelinge kortvrae oor die storie.

• Lees saam met die onderwyser in ‘n begeleide groep hardop uit eie leesboek. Die hele groep lees dieselfde storie.

63

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!