16.09.2013 Views

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1-3

LUISTER EN PRAAT (MONDELING)

INHOUD / BEGRIPPE / VAARDIGHEDE

Week 1 - 5

GRAAD 2: KWARTAAL 4

VOORGESTELDE KONTAKTYD

minimum tyd: 45 minute per week

maksimum tyd: 1 uur per week

Onderwysers behoort twee temas te kies wat hulle in staat sal stel om woordeskat bekend te stel, te gebruik en al die

onderstaande aktiwiteite te dek. Let daarop dat die voorgestelde temas / onderwerpe slegs voorstelle is. Onderwysers kan

hulle eie temas kies. Dit sal van die konteks en beskikbare hulpmiddels afhang. hulle moet seker maak dat hulle die nodige

Grootboeke, plakkate, rympies, liedjies, speletjies en voorwerpe beskikbaar het vir die tema wat hulle gekies het.

Die onderwyser maak van die informele assesseringaktiwiteite gebruik wat vir week 1 - 5 voorgestel is om leerders te

assesseer.

Week 6 - 10

Die onderwyser kies twee nuwe temas wat hulle sal toelaat om voort te bou op dit wat hulle die eerste vyf weke gedoen

het. Nuwe woordeskat kan nou weer ingevoer word, en aangeleerde woordeskat moet vasgelê word. Die temas moet

onderwysers deurgaans in staat stel om eenvoudige, basiese taalstrukture in te skerp, terwyl daar met die leerders in die

addisionele taal kommunikeer word.

Onderwysers moet seker maak dat al die aktiwiteite, indien moontlik, meer as een keer gedek word. Leerders moet

geassesseer word deur van die informele assesseringsaktiwiteite gebruik te maak wat vir week 6 - 10 voorgestel word. ‘n

Formele assesseringsaktiwiteit moet aan die einde van die kwartaal gedoen word

Daaglikse aktiwiteite ( 30 minute per week)

Die aktiwiteite kan in lengte varieer. Onderwysers kan een langer aktiwiteit, of twee of drie kortes per week doen.

• Ontwikkel ‘n woordeskat met onderwerpe en temas, soos Seisoene.

• Volg ‘n kort reeks instruksies, byvoorbeeld: Kom sit hier voor in die klaskamer.

• Gee eenvoudige instruksies, byvoorbeeld: Klap jou hande.

• Verstaan en reageer op eenvoudige vrae, byvoorbeeld: Watter …?

• Rig eenvoudige versoeke, byvoorbeeld: Mag ek my boeke wegpak?

• Identifiseer ‘n voorwerp deur eenvoudige, mondelinge beskrywing, byvoorbeeld: Dis somer. Die son skyn. Daar is bloeisels

aan die bome. Die kinders dra kort broeke en sandale. Kies die toepaslike prent vir die beskrywing.

• Praat oor voorwerpe in ‘n prent en reageer op die onderwyser se instruksies, byvoorbeeld: Wat sien jy? Vertel vir my meer

van wat jy sien.

• Luister na ‘n eenvoudige vertelling, byvoorbeeld na die onderwyser wat van haar inkopietog vertel.

• Lewer, met hulp van die onderwyser, ‘n kort vertelling oor iets wat hy of sy gedoen het.

• Memoriseer eenvoudige gediggies, aksierympies en liedjies, en dra dit voor, byvoorbeeld: Vader Jakob ...

• Speel taalspeletjies, byvoorbeeld: My klein ogies sien iets wat met ‘n … begin.

60 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!