16.09.2013 Views

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1-3

LUISTER EN PRAAT (MONDELING)

INHOUD / KONSEPTE / VAARDIGHEDE

Week 1 - 5

GRAAD 3: KWARTAAL 4

VOORGESTELDE KONTAKTYD

1 uur per week

Onderwysers kies twee temas wat hulle in staat sal stel om woordeskat uit te brei en in te skerp, asook om die aktiwiteite

hieronder gelys, te dek. Let daarop dat die voorgestelde temas slegs voorstelle is. Onderwysers kan hul eie temas kies,

afhangende van inhoud en beskikbare hulpmiddels. hulle moet seker maak dat hulle die nodige Grootboeke, muurprente,

rympies, liedjies, speletjies en voorwerpe het vir die tema wat hulle gekies het. Onderwysers moet soveel moontlik aktiwiteite

gedurende die beskikbare tyd probeer dek.

Om leerders te assesseer, maak die onderwyser van die informele assesseringsaktiwiteite gebruik wat vir week 1 - 5

voorgestel is.

Week 6 - 10

Onderwysers kies twee nuwe temas wat hulle in staat sal stel om voort te bou op dit wat hulle tydens die eerste vyf weke

gedoen het. Die temas moet deurgaans die onderwyser in staat stel om eenvoudige, basiese taalstrukture te vestig, terwyl

daar met die leerders in Eerste Addisionele Taal gekommunikeer word.

indien dit moontlik is, moet die onderwyser seker maak dat al die aktiwiteite meer as een keer gedek word. Leerders word

geassesseer deur van die informele assesseringsaktiwiteite gebruik te maak wat vir week 6 - 10 voorgestel is. ‘n Formele

assesseringsaktiwiteit moet aan die einde van die kwartaal gedoen word.

Daaglikse aktiwiteite (30 minute per week)

• Ontwikkel ‘n mondelinge (luister en praat) woordeskat deur van onderwerpe en temas soos Vervoer gebruik te maak.

• Gee en volg instruksies.

• Verstaan en reageer op eenvoudige vrae, byvoorbeeld: Wanneer? Waarom? Hoe? Hoe kom jy soggens by die skool?

• Stel vrae om duidelikheid te kry, byvoorbeeld: Wat beteken vervoer?

• Rig versoeke en reageer daarop, byvoorbeeld: Mag ek asseblief die woordeboek gebruik?

• Neem aan ‘n kort gesprek oor ‘n bekende onderwerp deel, byvoorbeeld: Wat gebeur in die bus op pad skool toe?

• Identifiseer ‘n voorwerp van ’n eenvoudige mondelinge beskrywing, byvoorbeeld: Dit is ‘n voertuig. Dit is baie groot en lank.

Dit vervoer leerders van hul huise af skool toe. Wat is dit?

• Praat oor ‘n voorwerp op prente of in foto’s en reageer op die onderwyser se instruksies, byvoorbeeld: Vertel vir my wat jy

alles in die prent sien.

• Luister na ‘n eenvoudige vertelling, byvoorbeeld die onderwyser wat vertel hoe hy soggens sukkel om sy motor aan die

gang te kry.

• Verstaan en gebruik taalstrukture in konteks.

• Memoriseer en dra eenvoudige gediggies, aksierympies en liedjies voor, byvoorbeeld: Die wiele van die bus gaan om en

om …

• Speel taalspeletjies, byvoorbeeld ‘n kettingspeletjie: die onderwyser sê ‘n klank en wys na ‘n leerder wat aan ‘n woord

moet dink wat met daardie klank begin. Die leerder sê ‘n woord en wys na ‘n ander leerder en sê ‘n klank, ens.

82 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!