16.09.2013 Views

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1-3

AFDELiNG 4: TEKSSOORTE WAT iN DiE GRONDSLAGFASE GEDEK

WORD

in die Grondslagfase sal leerders na die volgende tekssoorte luister:

• Persoonlike en feitlike vertellings / oorvertellings / mededelings

• Prosedures (instruksies)

• Niefiksie

• Verhale / stories

in Graad 3 word van hulle verwag om eenvoudige, mondelinge vertellinge te doen en instruksies te gee.

Wanneer hulle in die addisionele taal begin lees en skryf, sal leerders eenvoudige stories, oorvertellings, prosedures

en niefiksie lees. In Graad 3 behoort hulle in staat te wees om ‘n eenvoudige vertelling, prosedure en storie met die

hulp van die onderwyser te skryf.

hier volg voorbeelde van tekssoorte wat in die Grondslagfase gebruik kan word:

PERSOONLIKE (OOR-)VERTELLING

Voorbeeld Struktuur en eienskappe

Ons skool se “Readathon”

1. Opskrif

Verlede week het ons ‘n leesfees in ons skoolsaal gehou.

Die Graad R-leerders het eers liedjies in Setswana en

Afrikaans gesing. Almal het hande geklap.

Daarna het die Graad 1 - leerders ‘n storie in Setswana

gelees. Almal het weer hande geklap

Toe het die Graad 2-leerders ‘n opvoering gehou. Dit was

baie snaaks. Almal het gelag.

Laastens het die Graad 3-leerders stories in Setswana en

Afrikaans gelees. Almal het weer hande geklap.

Die skoolhoof het pryse oorhandig. Almal het hande geklap.

Ons het sap gedrink en beskuitjies geëet. Dit was die beste

deel.

2. Oriëntasie: vertel

• Wat het gebeur?

• Wanneer het dit gebeur?

• Wie was betrokke?

3. Reeks gebeure

Vertel gebeure oor in logiese volgorde.

Tydlyn

eers, daarna, toe, laastens

Verlede tyd

gelees, het geklap, was, het gelag,

4. Persoonlike opmerkings

Sluit die gebeure af.

92 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!