16.09.2013 Views

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KABV

LUISTER EN PRAAT(MONDELING)

INHOUD / BEGRIPPE / VAARDIGHEDE

Week 1 - 5

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1-3

GRAAD 1: KWARTAAL 3

VOORGESTELDE KONTAKTYD

1 uur 30 minute per week

Onderwysers moet twee temas kies wat hulle in staat sal stel om woordeskat bekend te stel, te gebruik en al die

onderstaande aktiwiteite te dek. Let daarop dat die voorgestelde temas / onderwerpe slegs voorstelle is. Onderwysers kan

hulle eie geskikte temas kies. Dit sal van die konteks en die beskikbare hulpbronne afhang. hulle moet seker maak dat hulle

die nodige Grootboeke, plakkate, rympies, liedjies, speletjies en regte voorwerpe beskikbaar het vir die tema wat hulle gekies

het.

indien moontlik, probeer al die aktiwiteite meer as een keer dek. Onderwysers moet ook die leerders assesseer deur van die

aanbevole informele assesseringsaktiwiteite vir week 1 - 5 gebruik te maak.

Week 6 - 10

Onderwysers moet twee nuwe temas kies wat voortbou op die werk wat in die eerste vyf weke gedoen is. Die temas

behoort hulle geleentheid te gee om nuwe woordeskat bekend te stel en dit wat reeds onderrig is, te konsolideer, asook

om eenvoudige basiese taalstrukture voortdurend te herhaal as hy of sy met die leerders in die Eerste Addisionele Taal

kommunikeer.

Onderwysers moet al die aktiwiteite meer as een keer probeer gebruik. hulle behoort ook die leerders te assesseer deur van

die aanbevole informele assesseringsaktiwiteite vir week 6 - 10 gebruik te maak. Die formele assesseringsaktiwiteit word aan

die einde van die kwartaal gedoen.

Daaglikse aktiwiteite (1 uur per week)

Verskeie van die volgende aktiwiteite moet elke dag gedoen word, afhangend van die tyd wat beskikbaar is:

• Begin ‘n mondelinge woordeskat (luister en praat) ontwikkel deur van temas, byvoorbeeld Diere, gebruik te maak.

• Reageer op eenvoudige groetvorme deur frases te gebruik, byvoorbeeld: Totsiens. Sien jou môre.

• Rig eenvoudige versoeke, byvoorbeeld: Mag ek asseblief ‘n potlood kry?

• Wys na voorwerpe in die klaskamer of op prente in opdrag van die onderwyser, byvoorbeeld: Wys vir my die koei.

• Noem sommige voorwerpe in die klaskamer na aanleiding van die onderwyser se vrae, byvoorbeeld: Wat is dit? ‘n Skaap.

• Reageer op eenvoudige mondelinge instruksies, byvoorbeeld: Teken ’n kat.

• Reageer op eenvoudige vrae, byvoorbeeld: Watter kleur is die kat? Swart.

• Begin eenvoudige taalstrukture in konteks verstaan, soos die gebruik van ‘n paar byvoeglike naamwoorde, byvoorbeeld:

Die koei is groot. Die kat is klein.

• Identifiseer ‘n persoon / dier / voorwerp deur middel van ‘n eenvoudige mondelinge beskrywing, byvoorbeeld: Ek is ‘n klein

diertjie. Ek het vier pote en ‘n stert. Ek sê miaau, miaau, miaau. Watter dier is ek?

• Sing eenvoudige liedjies en voer die aksies uit, byvoorbeeld: Oompie Klaas het ’n plaas.

• Neem aan aksieliedjies en rympies deel en voer bewegings uit, byvoorbeeld: Eendjies, eendjies stap in ‘n ry ...

• Speel taalspeletjies, byvoorbeeld: Raai, Raai: Een leerling maak ‘n geluid en die ander moet in die Eerste Addisionele Taal

raai watter soort dier dit is.

35

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!