16.09.2013 Views

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1-3

LUISTER EN PRAAT(MONDELING)

INHOUD / BEGRIPPE / VAARDIGHEDE

Week 1 - 5

GRAAD 1: KWARTAAL 2

VOORGESTELDE KONTAKTYD

1 uur 30 minute per week

Onderwysers moet twee temas kies wat hulle in staat sal stel om woordeskat bekend te stel, te gebruik en al die

onderstaande aktiwiteite te dek. Let daarop dat die voorgestelde temas / onderwerpe slegs voorstelle is. Onderwysers kan

hul eie temas kies. Dit sal van die konteks en die beskikbare hulpmiddels afhang. hulle moet seker maak dat hulle die nodige

Grootboeke / plakkate, rympies, liedjies, speletjies en voorwerpe beskikbaar het vir die tema wat hulle gekies het.

indien moontlik probeer al die aktiwiteite meer as een keer dek. Onderwysers moet die leerders assesseer deur van die

aanbevole informele assesseringsaktiwiteite vir week 1 - 5 gebruik te maak.

Week 6 - 10

Onderwysers moet twee nuwe temas kies wat voortbou op die werk wat in die eerste vyf weke gedoen is. Die temas

behoort hulle geleentheid te gee om nuwe woordeskat bekend te stel en dit wat reeds onderrig is, te konsolideer, asook

om eenvoudige basiese taalstrukture voortdurend te herhaal as hy of sy met die leerders in die Eerste Addisionele Taal

kommunikeer.

Onderwysers moet al die aktiwiteite meer as een keer probeer doen. hulle behoort ook die leerders te assesseer deur van

die aanbevole informele assesseringaktiwiteite vir Week 6 - 10 gebruik te maak. Die formele assesseringsaktiwiteit word aan

die einde van die kwartaal gedoen.

Daaglikse aktiwiteite (1 uur per week)

Een of meer van die volgende aktiwiteite moet elke dag gedoen word, afhangend van die tyd wat beskikbaar is:

• Begin mondelinge woordeskat (luister en praat) ontwikkel deur van temas, byvoorbeeld Voedsel, gebruik te maak.

• Reageer op eenvoudige groetvorme deur frases te gebruik, byvoorbeeld: Goeie môre. Hoe gaan dit? Dit gaan goed met

my.

• Rig eenvoudige versoeke, byvoorbeeld: Mag ek asseblief ‘n appel kry?

• Wys na voorwerpe in die klaskamer of op prente, in opdrag van die onderwyser se instruksies, byvoorbeeld: Wys vir my

die appel / piesang / lemoen.

• Benoem sommige voorwerpe in die klaskamer na aanleiding van die onderwyser se vrae, byvoorbeeld: Wat is dit? ’n

Appel.

• Reageer op eenvoudige, mondelinge instruksies, byvoorbeeld: Neem die appel. Sit dit op die tafel.

• Reageer op eenvoudige vrae, byvoorbeeld: Hoeveel lemoene is daar? Twee.

• Begin eenvoudige taalstrukture in konteks verstaan, soos die gebruik van die teenwoordige tyd, byvoorbeeld: Ek hou van

appels. Ek hou nie van lemoene nie.

• Sing eenvoudige liedjies en voer die aksies uit, byvoorbeeld: Dis hoe ek my appel eet, appel eet, appel eet …

• Neem aan aksieliedjies en rympies deel en voer bewegings uit, byvoorbeeld: Stop, sê die rooi lig ...

• Speel taalspeletjies, byvoorbeeld: Raai, Raai. Een leerling tel ‘n kaartjie op en die ander moet raai watter soort kos op die

prentjie is.

30 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!