16.09.2013 Views

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

KABV

LEES EN KLANKE

INHOUD / KONSEPTE / VAARDIGHEDE

Klanke (15 minute per week)

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1-3

GRAAD 3: KWARTAAL 2

VOORGESTELDE KONTAKTYD

minimum tyd: 1 uur per week

maksimum tyd: 1 uur 30 minute per week

Hersien enkelklanke en sommige tweeklanke deur van hoëfrekwensie woorde wat die leerder reeds ken, gebruik

te maak. Verseker dat leerders die betekenis van nuwe woorde ken en dit in ‘n sin kan toepas. Leerders gebruik

luisteraktiwiteite om die begin- en eindklanke van woorde in Eerste Addisionele Taal wat hulle reeds ken, te

identifiseer. Daar kan uit die voorbeelde een klankkombinasie per week aangeleer word. Hierdie aktiwiteite duur

ongeveer 5 - 10 minute en is oor die week versprei. Dit kan ook met luister-, praat- en leesaktiwiteite geïntegreer

word.

Week 1 - 5

• Herken ten minste drie nuwe tweevokaalkombinasies, byvoorbeeld: eu in neus.

• Bou en klank woorde met klanke wat reeds aangeleer is.

Week 6 - 10

• Herken tweekonsonantkombinasies soos die volgende: -lf, - nt, -rk, -rs aan die einde van woorde - wo-lf, se-nt, vu-rk, ke-rs.

• Herken rymklanke, byvoorbeeld: bly, gly, ry, vy, sy.

• Bou en klank woorde met klanke wat reeds aangeleer is.

Gedeelde lees (vorm deel van luister en praat)

Gedeelde lees is ‘n lees- en luisteraktiwiteit. Dit sluit ook praat in aangesien leerders met hul onderwyser oor die

teks gesels. Gedeelde lees gaan voort in Graad 3, maar is deel van luister en praat.

• Lees ‘n kort storie (Grootboek) saam met die onderwyser en gebruik die titel om te voorspel wat in die storie gaan gebeur.

• Beantwoord vrae oor die storie, byvoorbeeld: Wat het die seun by die skool gedoen?

• Elke leerder beskryf hoe die storie hom / haar laat voel.

Groepbegeleide lees (minimum 45 minute, maksimum 1 uur 15 minute per week)

Onderwysers wat van die maksimum tydstoekenning vir Eerste Addisionele Taal gebruik maak, moet hul klas in vyf

groepe verdeel, elke groep op dieselfde leesvlak. Leerders behoort gegradeerde leesreekse te gebruik, en maak

seker dat elke groep tekste het wat op die voorgestelde vlak is (woordherkenning tussen 90% - 95% ). Werk vir 15

minute per dag slegs met een groep. Terwyl die onderwyser met een groep besig is, hou ander groepe hulle met

lees in pare of selfstandige lees besig of doen aktiwiteite wat op die teks betrekking het.

Onderwysers wat gebruik maak van die minimum tydstoekenning vir Eerste Addisionele Taal kan drie maal per

week klasbegeleide lees doen.

• Lees saam met die onderwyser stories - die hele groep lees dieselfde storie.

• Maak van dieselfde leestegnieke gebruik wat in Huistaal aangeleer is (klanke, kontekstuele leidrade, struktuuranalise,

sigwoorde).

• Lees hardop met toenemende vlotheid en uitdrukking.

73

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!