16.09.2013 Views

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1-3

LEES EN KLANKE

INHOUD / BEGRIPPE / VAARDIGHEDE

GRAAD 1: KWARTAAL 2

Klanke en fonemiese bewustheid (1 - 5 minute per aktiwiteit)

VOORGESTELDE KONTAKTYD

minimum tyd: 30 minute

maksimum tyd: 1 uur 15 minute per week

Hierdie aktiwiteit moet baie vlugtig gedoen word en met luister en praat, en gedeelde leesaktiwiteite geïntegreer

word.

• Breek sinne in woorde op deur op elke woord te klap, byvoorbeeld sinne uit die storie.

• Klap op die lettergrepe van bekende woorde, byvoorbeeld: skoen - lap - per.

• Identifiseer, met hulp van die onderwyser, woorde wat in stories, liedjies en rympies rym, byvoorbeeld luister en fluister.

• Identifiseer verskillende beginklanke in woorde, byvoorbeeld: p in piesang, l in lemoen.

Ontluikende / Vormende lees (5 - 10 minute een of twee keer per kwartaal)

Daar moet ‘n permanente uitstalling in die klaskamer van plakkate en ander verpakkingsmedia wees wat in die mark

en die omgewing beskikbaar is. Indien daar op uitstappies gegaan word, moet die onderwyser die leerders van

gedrukte teks uit die omgewing bewus maak.

• Herken algemene woorde uit die alledaagse omgewing, byvoorbeeld SPAR, Cell C.

• Ontwikkel ontluikende lees, byvoorbeeld die konsep van teks deur die gedeelde leesaktiwiteit.

Gedeelde lees (minimum 30 minute en maksimum 1 uur en 15 minute per week)

As die onderwyser die maksimum tyd vir Eerste Addisionele Taal gebruik, moet hy of sy elke week ‘n Grootboek

of plakkaat (of enige ander vorm van vergrote teks) bekend stel en die aktiwiteit elke dag doen. As die onderwyser

die minimum tyd vir Eerste Addisionele Taal gebruik, moet sy of hy dieselfde teks oor 2 of 3 weke versprei en die

aktiwiteit een of twee maal per week doen. Die onderwyser lees die teks vir die hele klas, wys na die woorde en

bespreek die prente en storielyn. Lees dit weer gedurende die week en moedig die leerders aan om mee te doen. Die

teks word gebruik om nuwe woordeskat bekend te stel.

• Luister na, volg die storie of niefiksie-teks en kyk saam met die onderwyser na die prente.

• Praat oor die prente en gebruik die huistaal indien dit nodig is.

• Identifiseer voorwerpe in die storie, byvoorbeeld: Wys vir my die jellie. Wys na die roomys.

• Beantwoord eenvoudige vrae met behulp van die prente, byvoorbeeld: Waar is die koek?

• Leer mondelinge woordeskat aan, byvoorbeeld: jellie, roomys, koek.

• Na herhaalde lees, neem op gepaste tye aan refreine deel.

• Dramatiseer die storie deur gedeeltes van die teks te gebruik.

• Teken ‘n prent wat die hoofgedagte van die storie weergee.

32 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!