16.09.2013 Views

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1-3

Samestelling van groepe volgens vermoë

Voordat leerders gegroepeer kan word, moet hulle eers waargeneem word terwyl hulle uit die leesboeke lees. Kies ‘n boek wat

u dink die leerder kan lees, maar wat nie te maklik is nie - daar moet steeds ‘n paar uitdagings wees. As die leerder die teks

vlot en met toepaslike uitdrukking kan lees, is die teks op sy / haar leesvlak. Indien die leerder met die teks sukkel, moet ‘n

makliker teks gekies word totdat die korrekte vlak gevind is. Wanneer al die leerders geassesseer is, kan hulle volgens vermoë

gegroepeer word.

Stappe vir ‘n groepbegeleide leesles

I Kies ‘n toepaslike teks

Gewoonlik word gegradeerde leesboeke vir groepbegeleide lees gebruik. Hierdie tekste behoort op ‘n laer vlak as die gedeelde

leestekste te wees. Lees vooraf deur die teks en maak ‘n nota van enige woordeskat of taalstrukture wat vir die leerders ‘n

uitdaging mag wees. Dit bied vir die onderwyser ’n leerfokuspunt.

II Inleiding

Stel die tipe boek (byvoorbeeld fiksie of niefiksie) en die onderwerp bekend. Help die

leerders om die verband tussen die onderwerp en hul eie lewenservaringe te sien. hou hierdie

praatjie gefokus en net lank genoeg sodat die leerders suksesvol kan lees (2 - 3 minute).

III Praat oor die prente

Gebruik die prente om die onderwerp aan die leerders bekend te stel en om oor nuwe

woordeskat te praat. Hou dit weereens ‘n gefokusde en kort aktiwiteit (2 - 3 minute).

IV Eerste lees

Die leerders lees die teks individueel. Die onderwyser neem die leesgedrag waar en mag dalk ‘n addisionele leerfokus kies wat

op hierdie waarnemings gegrond is. Die onderwyser beweeg van leerder tot leerder en luister na ‘n kort gedeelte wat elkeen

hardop lees. Die onderwyser spoor die leerder op hierdie stadium aan deur byvoorbeeld te sê:

• Wat verwag jy om in hierdie boek te lees?

• maak dit vir jou sin?

• mooi so! Jy het jouself gekorrigeer. Dit maak sin.

• Wat sal reg klink in hierdie sin?

• Kyk na die prent.

• Dit kan wees, maar kyk weer na die eerste letter.

Aanvanklik sal die onderwyser moontlik die vrae in die leerder se huistaal moet vra. Begin egter die vrae so gou moontlik in

Afrikaans te vra. Die leerders behoort met hierdie vrae bekend te wees, omdat hulle hierdie aktiwiteit reeds sedert die begin

van Graad 1 in hul huistaal doen.

V Begrip

Vra vrae oor die teks om begrip te toets.

VI Tweede en daaropvolgende leessessies

Tydens daaropvolgende dae herlees die leerders die teks in pare of alleen. Die primêre fokus is om vlotheid te ontwikkel en

die geleentheid te bied om die teks ter uitbreiding van woordeskat en dieper begrip te gebruik. herhaalde lees ondersteun die

ontwikkeling van vlotheid in die addisionele taal.

Onderwysers mag dalk nie vertroud wees met die gebruik van groepbegeleide lees nie, veral in die Eerste Addisionele

Taal-klas, daarom kan hierdie metode geleidelik bekend gestel word. Sodra die metode met selfvertroue in huistaal

gebruik word, kan dit tydens Eerste Addisionele Taal aangewend word. intussen kan onderwysers klaslees met die

hele klas doen waar al die leerders dieselfde teks het en die leerders beurte neem om te lees. Onderwysers moet

egter steeds individuele leesgedrag waarneem en die leerders help om begrip en woordherkennings-vaardighede te

ontwikkel.

14 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!