16.09.2013 Views

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

Afrikaans - Department of Basic Education

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1-3

LEES EN KLANKE

INHOUD / BEGRIPPE / VAARDIGHEDE

GRAAD 1: KWARTAAL 4

Klanke en fonemiese bewustheid (1 - 5 minute per aktiwiteit)

VOORGESTELDE KONTAKTYD

minimum tyd: 30 minute

maksimum tyd: 1 uur 15 minute per week

Hierdie aktiwiteit moet baie vlugtig gedoen word en met luister en praat, en gedeelde leesaktiwiteite geïntegreer word.

• Klap op die lettergrepe van bekende woorde, byvoorbeeld: o-li-fant, don-kie.

• Identifiseer, met hulp van die onderwyser, woorde in stories, liedjies en rympies wat rym, byvoorbeeld: spring, kring, hop,

skop.

• Identifiseer verskillende beginklanke in woorde, byvoorbeeld l in loop, g in gaap.

• Herken meervoude (s en e) op gehoor, byvoorbeeld: tou - toue, voël - voëls.

Ontluikende / Vormende lees (5 - 10 minute een of twee keer per kwartaal)

Daar moet ‘n permanente uitstalling in die klaskamer van plakkate en ander verpakkingsmedia wees wat in die mark en

die omgewing beskikbaar is. Indien daar op uitstappies gegaan word, moet die onderwyser die leerders van gedrukte

teks uit die omgewing bewus maak.

• Herken algemene woorde uit die alledaagse omgewing, byvoorbeeld padtekens, winkelname en handelsname soos Toyota,

Jeep, BmW, Joko, Omo, Tastic, Nando’s.

• Ontwikkel ontluikende geletterdheid, byvoorbeeld die konsep van teks, deur gedeelde leesaktiwiteite.

Gedeelde lees (minimum 25 - 30 minute, en maksimum 1 uur 15 minute per week)

As die onderwyser die maksimum tyd vir Eerste Addisionele Taal gebruik, moet hy of sy elke week ‘n Grootboek

of plakkaat (of enige ander vorm van vergrote teks) bekend stel en die aktiwiteit elke dag doen. As die onderwyser

die minimum tyd vir Eerste Addisionele Taal gebruik, moet hy of sy dieselfde teks oor twee of drie weke versprei en

die aktiwiteit een of twee maal per week doen. Die onderwyser lees die teks vir die hele klas, wys na die woorde en

bespreek die prente en storielyn. Hy of sy lees dit weer gedurende die week en moedig die leerders aan om mee te

doen. Die teks word gebruik om nuwe woordeskat bekend te stel.

• Luister na die storie of niefiksie-teks, volg die onderwyser en kyk na die prente.

• Praat oor die prente en gebruik die huistaal waar nodig.

• Identifiseer voorwerpe in die storie, byvoorbeeld: Wys vir my die voël. Wys na die voël.

• Beantwoord eenvoudige vrae met behulp van die prente, byvoorbeeld: Kan ‘n voël vlieg? Hoeveel vlerke het ‘n voël?

• Leer mondelinge woordeskat aan, byvoorbeeld: kan, vlieg, lug, voël, skoenlapper.

• Ná herhaalde lees, neem op gepaste tye aan refreine deel.

• Dramatiseer die storie deur van die teks te gebruik.

• Teken ‘n prent wat die hoofgedagte van die storie of niefiksie-teks weergee.

42 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!