01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

101

Hulpdienste

BEGROTINGSBELEID VAN DIE SINODE VAN NOORD-KAAPLAND

1. INLEIDEND

’n Sinode is gemeentes (kerke) wat saamkom en kan besluit om sekere take gesamentlik uit te voer.

Vir dié take voorsien die gemeentes die nodige fondse. Sinodale bydraes is werk van die kerk en mag

nooit gesien word as iets wat van bo af op die gemeentes afgedwing word nie.

In 2003 het die sinode van Noord-Kaapland besluit:

“Die formule werk met die beginsel dat die sinode die werk doen met die geld wat deur die

gemeentes voorsien word volgens ’n vaste persentasie. Die sinode slaan nie gemeentes aan

volgens ’n voorafopgestelde begroting nie. Ons werk nie met ’n behoeftebegroting nie, maar

met ’n inkomstebegroting.

Die formule lê ’n baie groot verantwoordelikheid op die sinodale kommissies, sowel as die

gemeentes. Sinodale kommissies moet baie fyn beplan om met die beskikbare fondse hulle werk

gedoen te kry. Die gemeentes se verantwoordelikheid is om te sorg dat daar genoeg fondse

beskikbaar is om die werk te doen.”

Dit is elke gemeente se voorreg om jaarliks 6% van sy inkomste by te dra vir gesamentlike

werksaamhede.

“Die formule vir die berekening van die bydraes vir sinodale fondse moet so vasgestel word dat

dit die basiese behoeftes van die gemeente in ag neem.” (Kerkorde Noord-Kaapland 2012,

bepaling 35.2.2.)

2. BEGROTING

2.1 Die werklike inkomste uit sinodale bydrae vir die voorafgaande finansiële jaar (slegs geouditeerde

syfers word gebruik) word met 2% groei per jaar aangepas en as basis-syfer gebruik vir die inkomste

begroting vir die jaar waarvoor begroot word.

2.2 Elke kommissie onderneem om die volgende beginsels op hulle begrotings toe te pas:

(a) Voldoen dit aan artikel 35 en bepaling 35?

(b) Pas dit by die roepingsverklaring en fokusareas/prioriteite van die sinode in?

(c) Kan dit gediens word binne die inkomste-begroting?

2.3 Elke kommissie onderneem om sy kommissie/taakspan se begroting te toets in terme van die

volgende:

(a) Watter sake is egte prioriteite, onontbeerlik en moet so gou as moontlik aandag kry?

(b) Watter sake is belangrik maar nie prioriteite nie, en kan staan en prut tot ons daaraan kan

aandag gee?

(c) Watter sake het ons ter goeder trou opdragte oor gevra maar kan in die lig van veranderde

omstandighede en/of prioriteite rustig eers parkeer word?

2.4 Sinodale kommissies kom ooreen om die bekostigbaarheid van alle sake met ’n finansiële implikasie

in verslae aan die sinode, soos opgeneem in die agenda van die sinode, voor die sinode met mekaar

uit te klaar.

2.5 die begroting van taakspanne moet deur die kommissie waaronder dit ressorteer, goedgekeur word

2.6 uitbetalings kan slegs gedoen word

(a) as vir die item begroot is en

(b) as ’n besluit in die verband genotuleer is

2.7 geen her-toedeling van begrotingsitems sal binne ’n kommissie toegelaat word nie

2.8. Voorstelle van kommissies aan die sinode met finansiële implikasies moet voor die sinodesitting met

die taakspan beplanning en begroting uitgeklaar word.

2.9 Enige projekte of aanwending van fondse wat afwyk van die jaarlikse beplanning en begroting kan

slegs plaasvind in vooraf oorlegpleging met die taakspan beplanning en begroting.

2.10 begrotingsbeheerstate moet maandeliks aan die voorsitters van sinodale kommissies, asook aan die

lede van die sinodale kommissie vir hulpdienste, gegee word

2.11 die aksies waarvoor kommissies en taakspanne beplan moet met dié van die begroting van die

sinode ooreenstem. Die tydperk/termyn van die beplanning en begroting is vanaf 1 Maart tot 28/29

Februarie.

3. KRITERIA: BEOORDELING BEGROTING

3.1 “Die sinode waak daarteen om werk na hom toe te trek wat by ringe en gemeentes tuishoort.”

(Kerkorde Noord-Kaapland 2012, bepaling 35.1.1)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!