01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Diens en Getuienis

3.3.4. “Onvermoë/onkundig” hoe om betrokke te raak

3.3.5. Spesifieke nood bv. onderwys, armoede/siektetoestande, substans-afhanklikheid, ens.

36

3.4 Die Caritas beleef tans die volgende uitdagings wat in verbondenheid met die Kerk aangespreek

kan word:

3.4.1. Die skep van netwerke en samewerkingsooreenkomste

3.4.2. Wetgewing en vereistes

3.4.3. Hulpbronne en finansiële volhoubaarheid

3.4.4. Die tekort aan professionele maatskaplike werkers

4. SAMEWERKINGSOOREENKOMS

4.1 Onder hierdie Samewerkingsooreenkoms word verstaan dat die partye wat in terme van hierdie

ooreenkoms besluit om saam te werk om hul gemeenskaplike doelwitte aangaande hul getuienis

van God se deernis met die wêreld te bereik.

4.2 Die grondslag van die ooreenkoms tussen die partye is in die gees van koinonia, konsultasie,

interafhanklikheid en deelname deur die partye aan die gemeenskaplike doelwit van die partye

deur middel van interaksie en skakelwerk tussen die partye.

4.3 Hierdie ooreenkoms tussen die partye aangegaan baan ook die weg vir deelname aan hierdie

Samewerkingsooreenkoms deur derde partye as diensorganisasies wat as outonome

welsynsorganisasies funksioneer met dieselfde etos en waardestelsel as die partye en hulself

kontraktueel verbind aan Caritas met die oog op toesig en begeleiding sonder dat die partye

enigsins hul outonomiteit prysgee en dat enige bate van die partye saamsmelt of in terme van

hierdie ooreenkoms in ‘n nuwe struktuur opgaan.

5. WAARDES

5.1. Die partye onderneem om saam na die Here se Woord te luister.

5.2. Die partye onderneem om noukeurig na mekaar te luister in terme van deernisdiens en om dan

met ywer en toewyding mee te werk aan die deernisbediening.

5.3. Die partye onderneem om die diens te bedryf volgens Bybelse beginsels.

5.4. Die partye aanvaar dat deernisdiens ’n noodwendige resultaat van die verlossingswerk van

Christus is en dat dit binne die gemeenskap primêr deur middel van diakonale betrokkenheid van

die gemeente geskied.

5.5. Die partye aanvaar as vertrekpunt vir die tot standkoming van hierdie ooreenkoms dat

maatskaplike dienste gelewer word volgens die beleid van die Algemene Sinode en Kerklike

Maatskaplike Diensteraad [KMDR] en wat deur die Kerk aanvaar is.

5.6. Die partye onderneem om na die beste van hul vermoë maatskaplike dienste te bedryf volgens ’n

standaard wat vir die partye en die staat van die dag, aanvaarbaar sal wees.

6. DIE VERHOUDING TUSSEN DIE PARTYE

6.1 Die partye sal te alle tye aan mekaar ‘n verpligting van goeie trou verskuldig wees en sal hulle

verhouding vertolk word as ‘n ooreenkoms van die hoogste goeie trou.

6.2 Elke party sal verantwoordelik wees vir sy eie aktiwiteite, programme, befondsing, bestuur en

aanspreeklikheid teenoor derde partye asof die partye te alle tersaaklike tye afsonderlike

regsentiteite sal wees.

6.3 Met die impak van gesamentlike aktiwiteite of programme vind dit plaas binne die doelstellings

van hierdie ooreenkoms.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!