01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

140

Kerkorde

9. HERSIENING VAN DIE BESLUITE VAN

DIE ALGEMENE SINODE AANGAANDE DIE

DUIWEL

Die sinode besluit om die laatbeskrywingspunt

soos gewysig, te bespreek.

Die sinode besluit dat die bestaande

formulering (Sien Handelinge Algemene

Sinode, punt 18 Bediening van bevryding,

A.10 Leer en Aktuele Sake, Bylaag 2, bladsy

187, punt 14) wat as volg lei:

“14.7 Die algemene sinode aanvaar die

werklikheid dat daar ’n wye diversiteit van

interpretasies en toepassings van die Bybelse

boodskap oor die bose en demone binne die

NG Kerk is. Daar is ruimte vir lidmate wat aan

die werklike en persoonlike aard van die duiwel

en demone glo, en daar is ruimte vir lidmate

wat die Bybelse spreke oor die bose en

duiwels anders interpreteer.”

gewysig word om te lees:

“Die algemene sinode is bewus van die

werklikheid dat daar ’n wye diversiteit van

interpretasies en toepassings van die Bybelse

boodskap oor die bose en demone binne die

NG Kerk is. Om die werklike en wesenlik

persoonlike aard van die duiwel te aanvaar,

sonder om daardeur die boosheid in die mens

self, in owerhede, strukture, magte ensovoorts

te ontken, is die Bybelse posisie en word ook

so in die belydenisskrifte voorgehou en deur

die NG Kerk aanvaar.”

9.1 Uitvoering

Die predikant in sinodale diens het op 12

November 2012 die beskrywingspunt

deurgestuur na dr. JJ Gerber (die Algemene

Sekretaris Nederduitse Gereformeerde Kerk).

Die Algemene Sinode het die beskrywingspunt

hanteer en soos volg besluit:

Die Algemene Sinode vervang die huidige

punt 7 van die 2011-besluit met die

verbeteringsvoorstel (aangepas) wat die

Oostelike Sinode in hul beswaarskrif stel, te

wete:

Die AS aanvaar die werklikheid dat daar ʼn

wye diversiteit van interpretasies en

toepassing van die Bybelse boodskap oor die

bose en demone binne die NG Kerk is. Daar

is lidmate wat die persoonlike aard van die

duiwel en demone aanvaar, en daar is lidmate

wat die nie-persoonlike aard van die duiwel en

demone aanvaar. Albei standpunte erken die

realiteit van die bose.

AANBEVELING

Die sinode verwys die besluit van die

Algemene Sinode na die sinodale kommissie

vir leer en aktuele sake.

10. GRAVAMEN TEN OPSIGTE VAN

KERKORDE 2007: ARTIKELS 3 EN 9

Die sinode

1. om met dank kennis te neem van die

besluit van die algemene sinode met

betrekking tot artikel 3 en 9.

2. dat die gravamen ten opsigte van artikel 3

en 9 as afgehandel beskou word

aangesien die beginsels wat in artikel 3 en

9 op die spel was, bevredigend

geïmplementeer is.

3. om kennis te neem dat daar egter steeds

voorbehoude is ten opsigte van sekere

formuleringe in die nuwe artikel 9 (sien

vrae vir bespreking tydens die

sinodesitting)

10.1 Uitvoering

Die predikant in sinodale diens het op 12

November 2012 die beskrywingspunt

deurgestuur na ds. HM Janse van Rensburg (die

skriba van die algemene taakspan regte).

Die aangeleentheid is aan die ATR voorgelê. Die

standpunt van die sinode van Noord-Kaapland is

nie aanvaar nie.

11. UITBREIDING VAN DIE KONINKRYK

VAN GOD – DIENS VAN DIE KERK IN DIE

WÊRELD

Die sinode besluit:

1. dat die twee begrippe “uitbreiding van die

koninkryk” en “diens in die wêreld” nie

dieselfde beteken nie;

2. dat die uitdrukking “koninkryk van God” ’n

meer omvattende en Bybelse begrip is wat

ook so in die belydenisskrifte gebruik

word.

3. dat daar met die ATR hieroor in gesprek

getree word ten einde artikel 9

dienooreenkomstig te wysig.

11.1 Uitvoering

Die predikant in sinodale diens het op 12

November 2012 die beskrywingspunt

deurgestuur na ds. HM Janse van Rensburg (die

skriba van die algemene taakspan regte).

Die aangeleentheid is aan die ATR voorgelê. Die

standpunt van die sinode van Noord-Kaapland is

nie aanvaar nie.

12. TUGONDERSOEK: DS. HJG VAN

HEERDEN

’n Klag teen ds. van Heerden was by die

gemeente van Carnarvon teen ds. van Heerden

gelê. Die gemeente het die klag na die ring van

Carnarvon verwys vir ondersoek.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!