You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
65

Diens en Getuienis

Radio Overvaal (Viljoenskroon), Radio Rosestad (Bloemfontein) en Radio Panorama

(Hennenman) in te lig en gereelde besoeke te bring.

Bloemnuus/Ons Stad en Volksblad steeds te gebruik.

PERSONEEL (DANKBETUIGING)

‘n Spesiale woord van dank aan ons hoofsekretaris, Ds Gerrit Kritzinger vir sy visie, inisiatief, voorbeeld

en leiding in hierdie tye waarin nuut gedink moet word oor baie dinge rakende die effektiwiteit van die

Bybelgenootskap

Ds Dirk Taljaard, Hoof van Streke wat altyd daar is vir hulp en ondersteuning rakende reëlings sekretaris

en streeks aangeleenthede.

Wynand Harmse, sakebestuurder en ons personeelkorps vir hul onvermoeide ywer in Sy diens. Dank ook

aan elke lid van die streekkomitee van Vrystaat en Noord-Kaap wat getrou en lojaal ondersteun en

voorbidding doen.

SLOT

Geleenthede en verantwoordelikhede soos vervat in hierdie verslag noop mens opnuut tot nederigheid

en dankbaarheid teenoor Hom wat roep en toerus.

Mag die Gees ons inspireer om 2014 aan Hom te wy met alles wat ons het.

Die direksie het ook by die vergadering in Maart 2014 rev Dirk Gevers, tans van Kwa Zulu Natal, as hoof

uitvoerende beampte aangewys in die plek van ds Gerrit Kritzinger wat einde 2014 die tuig neerlê. Die

Sinode en Streekraad wens hom alle seën en sterkte toe.

Wonderbaarlik om in hierdie ekonomiese tye, gegewe die finansiële stand van baie gemeentes in ons

streek steeds ons begroting van R4 796 866.00 te bereik met R 5 761 363.08 wat 120.11%

verteenwoordig. (2012 begroting van R4 026 000.00 is bereik met R5 961 030.92 wat 148.06%

verteenwoordig.)

Ds Gert P Barnard

Voorsitter Noord Kaapstreek