01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

154

Kerkorde

kuratoria, en strek dit daarna uit oor byna die totale bestaan van die bedienaar van die Woord tot en met

sy afsterwe! Dit vertoon trekke wat ooreenstem met wat in die besigheidswêreld bekend staan as

loopbaanbeplanning. Dit wil letterlik op die “A tot Z” van die bedienaar se lewe inspeel.

Hier kom drie kardinale sake ter sprake wat nie uit die oog verloor moet word nie:

2.1 Eerstens ons legitimasie: dit word van bedienaars van Woord vereis om te bely dat hulle deur die

Here self tot die bediening geroep is. Die roeping deur die Here tot die bediening van die Woord, is

’n lewenslange roeping.

So is legitimasie ook ’n eenmalige handeling. ’n Bedienaar van die Woord kan dáárom net om

“gewigtige redes” besluit om die bediening te verlaat, en kan slegs ingevolge Art 64.5.4.4 van die

KO sy/haar bedieningsbevoegdheid verloor.

Daar kan dus geen saak uitgemaak word dat bedienaars jaarliks moet “aanmeld”, ’n voorgeskrewe

fooi moet betaal en genoeg VBO punte verdien ten einde jou bedieningsbevoegdheid te behou nie.

Die Bedienaar is immers deur God tot die bediening geroep.

Om administratiewe redes – soos om bv. ’n register op datum te hou ens. – mag bepaalde

administratiewe reëlings wel getref word.

2.2 Tweedens, die Werkgewer van die bedienaar van die Woord is die Een wat hom geroep het. In

laaste instansie is verantwoording aan Hom verskuldig. Hy het die bedienaar van die Woord geroep

om in sy wingerd – wat breër is as die plaaslike gemeente – te arbeid.

Om hierdie rede was die plaaslike kerkverband (ring of klassis) altyd betrokke by die

ampsbediening en ampsbevoegdheid van die bedienaar van die Woord en was hy op sy beurt

ampshalwe in allerlei hoedanighede, ook betrokke by die kerkverband. Hy/sy arbei in die één kerk

van die Here.

Ons huidige Kerkorde is egter sedert 1998 so herskryf dat die plaaslike gemeente in die oë van die

kerklike- en burgerlike reg, die enigste werkgewer is. Niemand kan dus sonder meer daarby inmeng

of voorskryf nie. Ons kan wel as gereformeerdes kerkordelik en andersins met mekaar ooreenkom

om mekaar te help oor die dinge wat in ’n beroepsbrief en “diensooreenkoms” vervat behoort te

word. Normaalweg word hierdie “hulpfunksies” in die praktyk vervul deur die plaaslike ring, en die

streeksinode. Die algemene sinode en sy strukture kan op geen wyse hierby inmeng nie. Dáárom

kan die ASP as kommissie van die algemene sinode dit ook nie doen nie.

2.3 In die besigheidswêreld word alle professionele persone bv. dokters, spraakterapeute, prokureurs

ens se behoud van hulle professionele bevoegdheid, gereël deur ’n professionele liggaam. Indien

jou gedrag nie die professie waardig is nie, kan jy voor die betrokke Beroepsraad gedaag word en

kan hulle jou reg om te praktiseer, opskort. Voortgesette opleiding word ook vereis. Jy moet jaarliks

genoeg “VBO” punte verdien, anders kan jy jou “lisensie” verloor.

Dit wil dus voorkom asof hierdie sekulêre praktyk op ’n eiesoortige manier in die kerk ingevoer word

omdat ons nie meer gesien word as “geroepenes van die Here” wat die eeue oue evangelie moet

verkondig nie, maar as professionele teoloë wat moet voldoen aan sekere professionele standaarde

ten einde ons beroep te mag beoefen.

Dit blyk dan ook geregverdig te wees om te vermoed dat die ABR ingevolge hierdie nuwe

“bestuursmodel” ingestel is om die bestaande ampsbeskouing te herdefinieer en dit te

“professionaliseer”

Voorgaande moet nie gesien word as ’n negatiewe ingesteldheid teenoor voortgaande teologiese

ontwikkeling nie. Die bediening is egter nie ’n beroep nie, dis ’n goddelike roeping. Die ASP kan dus

hoogstens ’n administratiewe funksie vervul i.t.v. rekordhouding van wat ook al nodig geag word vir

die kerk in sy geheel. As dit begin inmeng op gemeentevlak, by ringe en die sinode, oorskrei dit sy

kerklike bevoegdheid. En dit lei outomaties tot die laaste saak.

3. DIE FINANSIERING VAN DIE PROSES VAN BEGELEIDING VAN BEDIENAARS VAN DIE

WOORD.

Met inagneming van al die ander stukke deur ons sinode opgestel en in die lig van bogenoemde, kan die

ASP/ABR slegs ’n administratiewe funksie vervul wat gewoon – soos alle ander steunspanne –

gefinansier word uit die begroting van die algemene sinode waartoe alle streeksinodes in elk geval bydra.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!