01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

156

Kerkorde

• Die agtergrond is die erkenning dat die Here deur sy Heilige Gees iemand met spesifieke en

uitsonderlike gawes (singuliere gawes) kan toerus sodat studie nie noodsaaklik is om die diens van die

Woord te verrig nie.

Hulle kon hulleself aanmeld en dan sal die klassis (ring) en sinode oor hulle legitimasie besluit. ’n

Soort colloquium doctum (ondersoek) is dan gehou.

Elkeen wat so toegelaat is, was volledig bedienaars van die Woord.

’n Baie belangrike beginsel in dié hele bepaling is dat die Woord suiwer verkondig moet word.

Hierdie beginsel mag nie prysgegee word nie.

In die huidige gesprek kom ’n hele aantal vrae kom na vore:

• Die vraag moet gevra word of alleen maar genoeg geld om ’n predikant te bekostig, moet bepaal of

volwaardig eredienste gehou en sakramente bedien word?

• Hoe kan ’n kleiner gemeente funksioneer sonder ’n predikant?

Kan eredienste steeds gehou word en hoe behoort dit gedoen te word?

• Wat maak kleiner gemeentes as hulle nie ’n voltydse bedienaar van die Woord het nie?

Het die eerste gemeentes voltydse bedienaars van die Woord gehad?

• Mag enige iemand, d.w.s. iemand wat nie ’n amp beklee nie, ’n erediens lei?

• Mag ouderlinge slegs ’n leesdiens hou of mag hulle preek?

• Mag ouderlinge die sakramente bedien?

Sluit die bediening van die Woord (prediking) bediening van die sakramente in of uit?

Kan die sakramente tot hul reg kom sonder ’n geordende bedienaar van die Woord?

• Wil lidmate hê dat ouderlinge eredienste moet lei?

• As ander mense sonder teologiese opleiding alles kan doen wat die bedienaar van die Woord tot nou

gedoen het, hoekom moet daar dan nog die amp van bedienaar van die Woord wees?

Wat word van teologiese opleiding?

• Watter vereiste(s) sou aan ’n persoon gestel behoort te word om die Woord en/of sakramente te

bedien?

• Was al die gemeentes aan die begin, en moontlik selfs later in die beginjare van die kerk, nie maar

kleiner gemeentes nie? Met betaalde of onbetaalde bedienaars van die Evangelie?

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!