01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

187

Bedieningsondersteuning

BYLAE 2

VERSLAG VAN DIE VERTEENWOORDIGER VAN DIE NED. GEREF.

KERK IN NOORD-KAAPLAND BY DIE KURATORIUM VAN DIE

TEOLOGIESE FAKULTEIT, UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

1. Vergaderings van die kuratorium

Sedert die vorige vergadering van die sinode van die NGK Noord-Kaapland in 2012, het die Kuratorium

het op 13 November 2012 en 12 November 2013 vergader. Verteenwoordigers van die NG Kerk Vrystaat,

vakeksaminatore, voorsitters van die kuratorium se subkommissies, verteenwoordigers van ander

streeksinodes van die NG Kerk, asook verteenwoordigers van die NGKA, VGK, RCA en ATR het die

vergaderings bygewoon.

2. Eenheid vir Bedieningsbegeleiding (EBB)

Die behoefte en noodsaak van ’n omvattende en geïntegreerde strategie om die bedieningsbehoeftes

van gemeentes en predikante in die Vrystaat aan te spreek het gelei tot die daarstel van ’n nuwe sinodale

struktuur in die Vrystaat nl. die ‘Eenheid vir Bedieningsbegeleiding’. Die eenheid sal die breër funksies

van die Kuratorium insluit. Vir hierdie doel is ’n predikantspos geskep met die volgende

verantwoordelikhede:

• pastorale begeleiding van leraars en gemeentes,

• netwerkvorming en koördinering van al die eenheid se taakgroepe (waarvan Kuratorium, VBO,

Erediens, Jeug, ens voorbeelde is).

• Predikantopleiding en verdere opleiding (VBO)

Ds. Barnard Steyn vanaf die Oos-Kaap is intussen as Direkteur van die Eenheid beroep en is sedert 1

Januarie 2014 in diens. Na baie jare se toegewyde diens het me. Sussa van Tonder afgetree as

sekretaresse van die Kuratorium. ’n Nuwe persoon nl. mev. Sonja Jansen is intussen aangestel en sal die

sekretariële dienste vanuit die kantoor van die Kuratorium by die Fakulteit Teologie behartig.

3. VBO en Shepherd: nuwe ooreenkoms

Binne die sinodale verband van die NG Vrystaat neem die Eenheid vir Bedieningsbegeleiding, en

spesifiek die Kuratorium, die verantwoordelikheid vir VBO. Die ooreenkoms wat Shepherd met die

Vrystaat sinode het in die lewering van VBO dienste, het op 31 Desember 2013 verstryk. Die EBB het

besluit om die verbintenis met Shepherd tov VBO te kontinueer en is ’n nuwe ooreenkoms deur EBB met

Shepherd (Konsepooreenkoms met Shepherd – Aanhangsel 1), die Teologiese Fakulteit en die

Dagbestuur van die Kuratorium onderhandel. Hiervolgens onderneem Shepherd om steeds jaarliks

kursusse vir predikante en ander belangstellendes uit die NG Kerk-familie te ontwikkel en aan te bied met

die oog op VBO-behoeftes (A-Z Beleid) in hierdie kerke.

4. Ooreenkoms van die Kuratorium met die UV

Die bestaande ooreenkoms met die UV het gedateerd geraak. Die Kuratorium het sedert die 2012 Noord-

Kaap Sinode in onderhandeling met die Fakulteit Teologie en die Rektoraat in hierdie verband getree. Die

uitkoms was ’n nuwe ooreenkoms (Nuwe ooreenkoms tussen die NG Kerk Vrystaat (NGK VS) en die

Fakulteit Teologie van die Universiteit van die Vrystaat (UV) – Aanhangsel 2) waarvan die konsep

reeds deur die Vrystaat Sinode goedgekeur is. Tydens ’n plegtigheid by die Fakulteit Teologie is die

ooreenkoms op Dinsdag, 19 November 2013 onderteken. Die ooreenkoms tree eers, as gevolg van die

opseggingsklousule in die bestaande ooreenkoms, in werking aan die begin van 2017.

Die kern van die ooreenkoms sou in drie kerksake opgesom kan word:

Eerstens dat die teologiese opleiding van predikante vir die NG kerk aan die UV steeds aan die vereistes

en verwagtinge van die NGK VS sal voldoen. Dit kom daarop neer dat die konteks en etos van die

opleiding aan die UV studente van die NG Kerk steeds sal kan akkommodeer.

Tweedens dat die kerklike betrokkenheid by die opleiding van studente en hulle geestelike vorming en

begeleiding tydens hulle opleiding behou moet word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!