01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

90

Hulpdienste

FINANSIËLE BELEID VAN DIE NED. GEREF. KERK IN NOORD-

KAAPLAND (FB)

BYLAE 6

1. INLEIDING

Hierdie finansiële beleid het ten doel om prakties uitvoering te gee aan Kerkorde Noord-Kaapland

bepalinge 35 en 57.

2. SINODALE KOMMISSIE VIR HULPDIENSTE (SKHD): OPDRAG

Volgens die Huishoudelike Bepalinge Sinodale Kommissie vir Hulpdienste (SKHD) is die SKHD se

opdrag as volg:

3.1 Adviseer die sinode in verband met die beleid wat gevolg moet word ten opsigte van finansiële bestuur,

bates, beleggings, eiendomme, oudit en personeel aangeleenthede

3.2 Stel jaarliks na oorleg met die taakspan beplanning en begroting die begroting van die sinode op aan

die hand van

3.2.1 bepaling 35 van die Kerkorde Noord-Kaapland;

3.2.2 die roepingsverklaring van die sinode;

3.2.3 die fokusareas deur die sinode gestel;

3.2.4 die begrotings- en beleggingsbeleid van die sinode; en

3.2.5 die beskikbaarheid van fondse daarvoor.

3.3 Hou toesig oor die besteding van fondse ten opsigte van al die werksaamhede van die sinode,

waaronder die administratiewe, personeel- en kapitale uitgawes;

3.4 Bestudeer alle aansoeke om fondse vir sinodale werksaamhede en adviseer die sinode daaromtrent.

3.5 Adviseer die sinode oor ’n begrotingsbeleid en is verantwoordelik vir begrotingsbeheer van die sinode.

Begrotingsbeheer word deurlopend gedoen deur die nagaan van die werklike uitgawes van die

kommissies in vergelyking met die begrote bedrae.

3.6 Kontroleer die oorbetaling van die bedrag wat deur elke gemeente by wyse van eweredige bydraes vir

sinodale werksaamhede bygedra moet word ooreenkomstig die formule neergelê deur die sinode.

3.7 Kontroleer en bespreek die jaarlikse geouditeerde finansiële state en bestuursbrief van die sinode en

keur dit goed.

3.8 Sien toe dat die Reglement vir die Reëling van Eiendomme, Goedere en Fondse uitgevoer word ten

opsigte van die sinode se fondse en bates;

3.9 om namens die sinode in alle regsgedinge of dispute oor eiendomme, goedere en fondse en sinodale

personeel aangeleenthede op te tree (sien ook bepaling 35.5.2.4). Alle geregtelike stukke word op die

kantoor van die predikant in sinodale diens gedien;

3.10 Geld te leen en uit te leen teen voorwaardes, of te belê in sekuriteite of by instansies wat vir die

kommissie voordelig voorkom, asook reëlings te tref vir die verskaffing of verkryging van die nodige

sekuriteite van sodanige lenings of beleggings;

3.11 Van alle eiendomme wat aan die kerk geskenk of verkry word, volgens die bepalinge van die kerk in

die naam van die kerk transport te neem;

3.12 Eiendomme wat in die naam van die kerk geregistreer is of deur hom besit word, met die goedkeuring

van die sinode te vervreem.

3.13 Stel in oorleg met die sinodale kerkordekommissie reglemente op vir geadministreerde fondse en lê dit

vir goedkeuring voor aan die sinode.

3.14 Wys sonder afstanddoening van aanspreeklikheid die nodige taakspanne aan om gedelegeerde

werksaamhede te onderneem.

3.15 Wys drie fidusiêre verantwoordelike persone aan soos vereis vir die sinode as openbare

weldaadorganisasie; en

3.16 Sien toe dat die jaarlikse opgawe van inkomste aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)

voorsien word soos deur die Belastingvrystellingseenheid van die SAID vereis.

3.17 Dit is wenslik dat inligting vanuit die kommissie aan ringe en kerkrade deurgestuur word.

3.18 Die sinodale kommissie vir hulpdienste skakel met ander kommissies van die sinode soos nodig.

3.19 Die predikant in sinodale diens dien op die algemene steunspan fondse en bates (ASFB).

3.20 Verteenwoordigers by die werksaamhede van die algemene sinode lewer verslag aan die kommissie.

3.21 Voer die opdragte van die sinode uit.

3.22 Hanteer praktiese reëlings vir sinodale vergaderings (Logistiek)

3.23 Doen verslag van sy werksaamhede aan die sinode.

3. FINANSIËLE BELEID VAN DIE NED. GEREF. KERK IN NOORD-KAAPLAND (FBNK))

3.1 Algemene beleid

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!