01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

182

Bedieningsondersteuning

Desnieteenstaande Ringe se kardinale rol, moet gemeentes individueel voorraadopname maak van

elkeen se lidmaatbemagtigingsituasie. Slegs vanuit ‘n deeglike evaluering – en periodieke herevaluering -

kan effektiewe lidmaatbemagtiging beplan en uitgevoer word.

MOTIVERING VIR LIDMAATBEMAGTIGING

Die Kerkspieël opnames bevestig die geestelike behoeftes van lidmate, soos, onder andere, die

belangstelling in spiritualiteit van getuig. Die bevinding dat 40,2% van erediensbywoners van buitekerklike

geloofsgroeibronne gebruik maak onderstreep beide die behoefte aan geestelike groei en die

onvoldoende voorsiening daarin deur gemeentes.

Die 2012 Noord-Kaap sinodesitting-gesprekke bevestig die landswye tendense en status quo wat deur

Kerkspieël geïdentifiseer is:

a. Leiding aan lidmate om waarlik met God te wandel en vanuit hul verhouding met God te leef.

b. Verdiepte spiritualiteit wat lidmate in staat stel om geloofsonderskeidend te leef.

c. Help lidmate om hul gawes te ontdek ter wille van groter diensbaarheid in God se Koninkryk.

d. Toerusting van lidmate in geloofsdissiplines.

e. Die vestiging van waardes by lidmate, wat insluit: eerlikheid, vertroue, liefde, openheid,

diensbaarheid, gasvryheid, luister, gebed, eienaarskap en rentmeesterskap.

f. Uitbreiding van lidmate se God- en kerkbegrip.

Ons kan dus tot die gevolgtrekking kom dat bogenoemde gegewens die behoefte aan lidmaatbemagtiging

onomwonde demonstreer. Lidmate het ‘n akute behoefte om geestelik bemagtig te word om meer paraat

in hulle alledaagse lewe te kan funksioneer.

Hierbo het die 2010 Kerkspieël opnames se bevindinge aan die orde gekom. Die bevindings van hierdie

opname akkordeer met ons Noord-Kaap sinodesittinggesprekke se identifisering van

bemagtigingsleemtes. Hierdie Kerkspieël opname bevindings – soos van toepassing op

lidmaatbemagtiging - word nou kortliks saamgevat:

Die Geestelike:

• Die kardinale rol van die gemeente as geestelike bron is onderstreep (91,6% getuig dat die

erediens en gemeenteaktiwiteite van hulp is in hulle alledaagse lewe).

• Hierdie bron word egter toenemend aangevul deur addisionele geloofsgroei bronne (40,1%

krediteer die gemeente vir hulle geloofsgroei sedert 2006, terwyl 40,2% buite-bronne aangee

as die rede hoekom hulle geestelike gegroei het).

• Hierdie groei word gereflekteer in die gemak waarmee lidmate (LW. 61,1% van die

erediensbywoners wat aan die opname deelgeneem het is bo die ouderdom van 50) oor hulle

geloof praat.

• Bogenoemde bevindinge oor die geestelike dimensie van Christenskap akkordeer met die

bevinding dat 59,4% meen dat geestelike begeleiding die belangrikste rol van die predikant is.

Betrokkenheid en gemeenskap:

• Deelname aan gemeenteaktiwiteite (57,9%), aan gemeenskapsaktiwiteite (38,1%), en lidmate

se band met die gemeente (43,2%) dui op ’n groot mate van onbetrokkenheid (LW: die

opname is gedoen onder erediensbywoners – dus slegs ’n persentasie (onbepaald) van die

gemeentes as geheel).

• Gemeentes se geweldige gebrek aan ‘n gemeenskapskarakter (13% reken dat kleingroepe

een van die drie belangrikste aktiwiteite in hulle gemeente is, en 11% meen dat

gebedsbediening een van die drie belangrikste aktiwiteite in hulle gemeente is.

• Lidmaatbetrokkenheid is nie ‘n prioriteit nie:

o 32% meen die gemeente en gemeente leierskap moedig lidmate aan om hulle gawes

te ontdek,

o 46% meen die leraar neem die idees van die gemeentelede in ‘n groot mate in ag, en

o 47% meen die leierskapstyl van die predikant inspireer lidmate om te handel.

Gemeentevooruitsigte:

• 34% is opgewonde oor die gemeente se toekoms.

• 33% voel die gemeente beweeg in die regte rigting.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!