01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

39

Diens en Getuienis

REGLEMENT 21

REGLEMENT VIR GESTUURDHEID VAN DIE NG KERK

BYLAE 4

1. DEFINISIE

1.1 Die missie van die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees is om lewe en volheid aan die

wêreld te gee, en die kerk is in diens van God se missie.

1.2 Deur die Woord en Gees vergader God vir Hom ’n gemeente. Deur dié gemeente:

• laat God sy Woord verkondig,

• bring Hy die gemeenskap van heiliges uit alle nasies tot stand,

• laat Hy diens aan die wêreld in nood lewer,

• laat Hy sy opdrag om die skepping en lewe te bewaar sigbaar tot uitdrukking bring, en

• word sy geregtigheid en versoening verkondig.

Só laat Hy sy Koninkryk kom.

1.3 Die gestuurde kerk bedien die evangelie in al sy dimensies aan mense wat die evangelie nie ken nie

of daarvan vervreemd is.

1.4 Elke gemeente is ’n gestuurde gemeente en so elke lidmaat van die gemeente.

1.5 Gestuurdheid (missionale kerkwees) is die roeping van elke lidmaat asook van die plaaslike

gemeente. Waar die omvang en ander omstandighede van die werk dit vereis, word dit in kerkverband

van ringe en sinodes onderneem.

1.6 Waar binne een geografiese gebied meer as een kerkverband van die NG Kerkfamilie bestaan, word

gestuurdheid in oorleg en samewerking met mekaar gedoen.

2. UITVOERING

2.1 Kerklike betrokkenheid by God se missie

2.1.1 Die kerk is in diens van God se missie.

2.1.2 Dit is die plig van die kerkraad om die gemeente te motiveer en toe te rus om as gestuurde

gemeente betrokke te wees by die heilshandeling van God met die wêreld. Hierdie betrokkenheid sluit in

persoonlike getuienis deur woord en lewe, die beoefening van geloofsgemeenskap, voorbidding,

rentmeesterskap, die diens van barmhartigheid en die ywer vir reg en geregtigheid in die samelewing.

2.1.3 Vir die koördinering, stimulering en uitvoering van die getuienistaak benoem die kerkraad ’n

gevolmagtigde wat die gestuurheid van die gemeente hanteer.

2.1.4 Elke kerkraad onderneem gestuurde dienswerk sowel binne as buite eie gemeentegrense na

gelang van omstandighede. In alle gevalle geskied hierdie dienswerk in oorlegpleging met, en waar

moontlik in samewerking met, ander lede van die NG Kerkfamilie (gemeente, ring of sinode) wat belang

mag hê by die betrokke bedieninge.

2.1.5 Waar die omvang van die gestuurde dienswerk dit vereis, kan die kerkverband deur ring en sinode

die kerkraad in die uitvoering van die dienswerk steun.

2.1.6 Die ring en sinode neem respektiewelik die verantwoordelikheid vir die gestuurde dienswerk in die

rings- en sinodale gebied.

2.1.7 Waar gestuurde dienswerk buite die grense van die gemeente geskied, moet waar moontlik,

skakeling en samewerking wees met ander gestuurde kerke en instansies wat reeds daar werksaam is.

2.1.8 Waar ’n sinode ’n gestuurde aksie begin met spontane bydraes van lidmate vanuit die Kerk as

geheel (’n "geloofaksie"), moet ander sinodes wie se lidmate daarby betrokke word, ook in die saak geken

word.

2.1.9 Die Algemene Sinode bepaal die beleid vir die gestuurdheid van die NG Kerk.

2.1.10 Deur middel van bedieninge op die terreine van byvoorbeeld mediese werk, onderwys,

lektuurvoorsiening, tegniese hulpmiddels, sosio-ekonomiese opheffing, publieke getuienis teenoor die

owerheid en missionêre barmhartigheidsdiens streef die NG Kerk daarna om die Koninkryk van God op

omvattende wyse met woord en daad te dien.

2.2 Toerusting vir Gestuurdheid

2.2.1 Die NG Kerk aanvaar dit as taak en verantwoordelikheid om lidmate en ander werkkragte op te lei

en toe te rus met die oog op eie gestuurde diens asook met die oog op beskikbaarstelling van werkkragte,

waar verlang of benodig, vir gestuurde diens by ander lede van die NG Kerkfamilie.

2.2.2 Die opleiding en toerusting vir eie gestuurde diens en gestuurde diens by ’n lid van die NG

Kerkfamilie geskied op die volgende wyse:

2.2.2.1 deur lidmate te aktiveer en te skool vir gestuurdheid met woord en daad;

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!