01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

66

Hulpdienste

4. VERSLAG VAN DIE SINODALE KOMMISSIE

VIR HULPDIENSTE

Geagte voorsitter en afgevaardigdes

U kommissie doen soos volg verslag van sy

werksaamhede:

1. PERSONEEL EN VERGADERINGS

Op die konstitueringsvergadering van 16

Oktober 2012 is die volgende uitvoerende

komitee verkies: dr. AC Swanepoel (voorsitter),

ds. J Oosthuizen (ondervoorsitter), ds. TE Smit

(skriba), JP Smit (addisionele lid) en FJ

Augustyn (addisionele lid). Die predikant in

sinodale diens, ds JPL Mostert, ds. FD Hugo en

die rekenmeester me. E Badenhorst, het

ampshalwe gedien.

Daar is aandag gegee aan die opdrag wat die

kommissie het soos verwoord in bepaling 57.

2. SAMESTELLING: SINODALE

KOMMISSIE: SINODALE KOMMISSIE VIR

HULPDIENSTE

Die sinodale kommissie vir hulpdienste het 6

keer vergader en die dagbestuur het 11 keer

vergadering. Die dagbestuur se vergaderings

was meestal telefonies.

2.1 Taakspanne en portefeuljes

Die sinodale kommissie vir hulpdienste het die

volgende portefeuljes saamgestel om opdragte

aan hom, deur die sinode, uit te voer:

1. Algemene taakspan fondse

2. Amptenare pensioenfonds

3. Argief

4. Begrotingsbeheer

5. Beleggingskomitee

6. Beroeping (bepaling 7.2.4)

7. Gemeentebedieningsfonds aansoeke

8. NGNK Eiendomme

9. Opleiding kerkpersoneel/skriba’s

10. Predikante pensioenfonds (aangewese

lid)

11. Predikante pensioenfonds (verkose lid)

12. Sinodale bydraes

13. Diensverhoudingskommissie

14. Studiebeurse: teologiese en maatskapke

studente

16. Tekenregte

17. Toerusting

3. Predikante pensioenfonds (verkose lid)

4. Predikante pensioenfonds (aangewese

lid)

5. Amptenare pensioenfonds

6. NGNK Tuistes

3. REDAKSIONELE WYSIGINGS AAN

KERKORDE 2012

3.1 Uitvoering

2. Wysigings is aan die Kerkorde van 2012

aangebring soos deur die sinode besluit:

• Formule vir sinodale bydraes, punt 2.2:

Toegewings

• Formule vir sinodale bydraes, punt

2.2.11: Beleggings-inkomste

• Formule vir sinodale bydraes, punt 3.1.1

(k): Sendinghulpfonds

• Formule vir sinodale bydraes, punt 3.1.2

(c) Vrywillige sinodale kollekte: Aksie

België vir Christus.

4. MEDIESE SKEMAS – PREDIKANTE

Die sinode keur die optrede van die sinodale

kommissie vir hulpdienste goed en bekragtig die

besluit van die sinodale kerkordekommissie om

die besluit van die sinode 2010 rakende die

mediese fonds van predikante te suspendeer en

herroep hiermee die besluit van 2010, naamlik

Die sinode het besluit dat

die besluit wat tydens die 1999 sinodesitting

geneem is, nl. dat alle gemeentes van die

sinode in Noord-Kaapland se predikante

verplig is om aan ’n mediese skema ingestel

volgens die Wet op Mediese Skemas en

goedgekeur deur die sinode in Noord-

Kaapland te behoort, gewysig word sodat

kerkrade in oorleg met hul predikante

outonoom mag optree en self kan besluit aan

watter mediese skema die predikante mag

behoort.

4.1 Uitvoering

Die inligting is aan gemeentes deurgegee.

AANBEVELING

Die sinode besluit dat

1. lede wat emeriteer, die sinodale gebied

verlaat of nie aan ’n gemeente gekoppel

is nie, voortaan nie meer aan die groep

mediese skema van die sinode in Noord-

Kaapland kan behoort nie, maar

individueel by ’n mediese skema

inskakel.

2.2 Verteenwoordigers

Die sinodale kommissie vir hulpdienste het die

sinode in Noord-Kaapland by die volgende

taakspanne van die algemene sinode

verteenwoordig, nl.:

1. Algemene taakspan fondse

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!