01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

179

Bedieningsondersteuning

Roepingsbewustheid is ’n belangrike faktor, veral gesien teen die agtergrond van vandag se

verbruikersmentaliteit. Hierdie mentaliteit posisioneer lidmate subtiel tot ‘n posisie van “ontvang” i.p.v.

“gee/dien.”

b. Lidmaatbemagtiging – Algemene Sinode 2013

Die Algemene Sinode se Netwerk vir Lidmaatbemagtiging plaas die fokus op dissipelskap (uitlewing), met

’n gepaardgaande identiteit. As gevolg van die institusionalisering van die ampte het die klem verskuif

vanaf dienslewering na regering en besluitneming. Bevoegdheid het dus die fokus geword eerder as

bemagtiging tot dienslewering. Die fokus moet terugskuif na dienslewering via gawes en

geloofsonderskeiding. Heelwat artikels oor hierdie benadering het sedert die 2011 Algemene Sinodesitting

in die Kerkbode en Kruisgewys verskyn.

C. Lidmate vra na insig en wysheid (Kerkbode, 5 November 2010)

Die ADGO het ’n artikel in die Kerkbode (5 November 2010) geplaas waarin ’n verband getref tussen

lidmaatbemagtiging en ’n sinvolle lewenservaring (eksistensiële dimensie van lidmaatbemagtiging). “Hoe

leef ek as gelowige my geloof in so ’n komplekse en deurmekaar wêreld uit? word gevra. Volgens die

artikel benodig gelowiges leiding (insig en wysheid) in die lewensarena van daaglikse persoons- en

beroepsuitdagings, sowel as t.o.v. geloofskwessies. Weereens vind ons in hierdie artikel die oorsaaklike

verband tussen identiteit en uitlewing. Wat is God se plan vir my? Watter besluite neem ek in my

alledaagse lewe? Hoe lewe ek my Christenskap uit in my leefwêreld? is van die vrae wat in hierdie artikel

gevra word.

Die artikel voer aan dat gemeenteleiers die aanbied van geestelike materiaal moet koppel aan lewensegte

situasies, sodat die lidmaat bemagtig kan word om geloofsonderskeidend en dus sinvol in sy/haar

alledaagse lewe te kan optree.

D. NGK Streeksinodes

Die Oos-Kaap streeksinode blyk die meeste ondervinding te hê i.t.v. lidmaatbemagtiging. Hierdie

ondervinding is egter spesifiek t.o.v. die bemagtiging van lidmate om as predikers en pastors in

gemeentes leiding te neem. Dit is gebaseer op die teologiese oortuiging “dat lidmate gawes van die Here

aan gemeentes is, asook ‘n toenemende skeptisisme oor die professionele predikante-amp.

Laasgenoemde kompeteer dikwels met lidmaat-leierskap, en verdring dit selfs.” (9 van die Oos-Kaap se

gemeentes kan nie meer voltydse leraars bekostig nie).

Vir die Oos-Kaap staan bemagtiging deur die Ring voorop: dit is die ruimte waar gemeentes saam oor

hulle konteks besin: ”’n Sisteem van ringsprojekte waar die sinode sy hulpbronne, besluitnemingsrol en

mag doelbewus desentraliseer, institusionaliseer derhalwe ringe se leierskapsrol.” Gesprekke is gevoer

oor roepingsverstaan, kontekstualiteit, die skep van ‘n bedieningskultuur, en ’n gestuurde lewenswyse.

“Uit die blote doen van praktiese bedieningswerk, kom transformasie in gemeentes tot stand. Die prioriteit

van die regte bedieningstake en nuwe bedieningservaring bó eindelose debatte waarin oor die wese van

die kerk geteoretiseer word, is onteenseglik bewys.”

Oos-Kaap sinode het derhalwe kurrikula ontwikkel vir die bemagtiging van lidmate om as predikers en/of

pastors op te tree. ’n Interessante ontwikkeling was die wyse waarop stedelike gemeentes die

bemagtigingskursusse aangewend het om hulle bedieningsaktiwiteite te verryk.

Uit die Oostelike Sinode word berig dat ’n “nuwe verstaan van kerkwees” besig is om te ontstaan - waar

insigte oor die funksionering van die predikant, gelowige, leierskap en dissipelskap “revolusionêr” aan die

verander is. Die klem val op die missionale: dat elke lidmaat met ’n gawe in die gemeente geseën is, en

dus geroepe is om deel te wees van die gemeentefunksionering. ”Lidmaatbemagtiging wil ‘n

paradigmaskuif inspireer wat sal plaasvind in die identiteit... en hóé... ons kerk is.” Die klem val dus op

spanverband: die leraar aktief t.o.v. sy/haar gawe/s, tesame met mede-lidmate – werksaam in elkeen

se gawe-kapasiteit.

E. Communitas

Die instansie wat blyk oor die meeste opleidingsmateriaal t.o.v. lidmaatbemagtiging beskik is

Communitas. Dr. Frederick Marais, Diensspanbestuurder, Communitas Netwerk vir

Gemeentebegeleiding, het die volgende programme en kursusse geïdentifiseer:

Ons het ‘n VBO kursus t.o.v. lidmaatbemagtiging om predikante te oriënteer in die verband. Ons het

verskeie kursusse om lidmate mee te bemagtig in spesifieke bedieningsvaardighede. Daar is vir al hierdie

kursusse uitgewerkte handleidings:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!