01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Diens en Getuienis

Rommelstrooiery is aan die orde van die dag.

Nadelige gasse word in die lug uitgelaat. Die

biosfeer is onder ernstige druk.

Klimaatsomstandighede en weerpatrone is aan

die verander. Daar is kommer oor geld en

magshonger by baie regerings en lande. Gebrek

aan deursigtigheid en monitering by veral

hidrobreking bekommer. Hidrobreking en

grondwater het pertinent en by verskeie

geleenthede onder die aandag van die

taakgroep gekom. ’n Bylae (The proposed

regulatory framework for hydraulic fracturing)

word aangeheg as ’n reaksie van die familie van

NG Kerk rakende hidrobreking.

The proposed regulatory framework for

hydraulic fracturing is aangeheg as Bylae 1.

3. Grondhervorming

Grondhervorming met gepaardgaande kwessies

soos eiendoms-, voedsel- en verblyfsekuriteit is

steeds van groot belang vir baie van ons lidmate

en gemeentes. Ongelukkig is die ervaring dat

hierdie saak op ’n politieke wyse hanteer word

wat min ruimte laat vir inspraak en oortuiging.

Geen sinvolle vordering is gemaak met

gesprekke nie, en min kan gedoen word anders

as om te wag op die staat om besluite hieroor te

neem. Ons sinode is verteenwoordig op die

algemene sinodale taakgroep wat deurlopend en

op kundige wyse hieraan aandag gee.

Tot op datum is daar die afgelope 18 jaar

nasionaal reeds meer as 3miljoen hektaar grond

oorgedra aan nuwe eienaars in

grondhervormingsprojekte, en byna R8 miljard is

uitbetaal as vergoeding aan begunstigdes. In die

Noord-Kaap is daar minder as 330 eise wat

onafgehandel is.

Dit kan aanvaar word dat die heropening vir die

indien van grondeise nuwe uitdagings gaan

meebring. Daar gaan groot druk op die

administratiewe en finansiële bronne van die

staat wees. Die gesindhede in veral landelike

gebiede en die landbou sektor gaan opnuut

beproef word, aangesien sulke eise dikwels met

ontwrigting, onsekerheid en opportunisme

gepaard gaan.

Aangesien grondhervorming alles te doen het

met die benutting van grond as skaars hulpbron,

en om die debat in ’n sinvolle konteks te plaas,

word dit tans deur die sinodale kommissie vir

diens en getuienis as ’n aspek van “ekologie”

binne die taakspan diakonaat hanteer.

Alle aanduidings is dat grondhervorming

aansienlik versnel sal word. Die wyse waarop dit

in die toekoms kan geskied, asook die gevolge

daarvan vir kommersiële landbou bekommer

landboukundiges intens. Voedselvoorsiening in

sekere sektore is reeds onder druk.

Grondhervorming en versoening sal waarskynlik

in die nabye toekoms groot eise aan die RSA

gemeenskappe stel. Dit gebeur reeds.

16

• Watter rol het die kerk in al sy verbande

proaktief en reaktief te speel?

• Hoe gaan die plaaslike gemeenskappe

raak?

• Watter rol het die plaaslike kerk/e

gespeel?

Bogenoemde sake is op die agenda van die

taakspan diakonaat.

Beskrywingspunt ingedien by en deur die

Gereformeerde sinode Noordwes November

2011 en effens gewysig en goedgekeur deur

die Algemene Sinode van die Gereformeerde

Kerk Januarie 2012 is aangeheg as Bylae 2.

AANBEVELING

Die sinode besluit dat

1. dat in die lig van groeiende ekologiese

kennis, fokus, sensitiwiteit, kommer en

die kerk se roeping en opdrag

(rentmeesterskap) in die verband, die

beskrywingspunt (Bylae 2), soos

aanvaar deur die algemene sinode van

die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika

(Januarie 2012), weer na sy kommissie

vir diens en getuienis asook na kerkrade

en ringe verwys word vir verdere studie,

kommunikasie, skakeling en netwerk.

2. dat volstaan word met en bevestig die

standpunte en besluite wat reeds oor

grondhervorming deur hierdie en die

algemene sinode geneem is.

3. om voort te gaan met die algemene

sinode se taakspan grondhervorming,

asook om met ander binne die netwerk

van die taakspan diakonaat oor hierdie

saak in kontak te bly en saam te werk.

9. BOERE EN GEMEENSKAPPE:

BRANDE, RYP, HAEL EN MISDAAD

Die sinode betuig meegevoel met die boere en

gemeenskappe in ons gebied wat onlangs groot

skade gely het as gevolg van brande, ryp, hael

en misdaad. Die sinode verseker hulle van ons

begrip en voorbidding.

Daarmee saam juig die sinode saam oor die

reën wat wyd verspreid voorgekom het.

In ’n gebied waar so baie van ons lidmate

afhanklik is van die natuur, bid ons saam om die

versorging en seën van die Almagtige God.

9.1 Uitvoering

Die besluit is aan die gemeentes

gekomminukeer.

10. KURSUS VIR PREDIKANTE EN

LIDMATE – BELYDENIS VAN BELHAR

Die sinode besluit dat die voorstel van ds. JH

Smit en die voorstel en ds. W van Velden na

sinodale kommissie vir bedieningsondersteuning

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!