01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

78

Hulpdienste

FONDSBELEGGINGS PENSIOENFONDS VAN PREDIKANTE

SOOS OP 31 DESEMBER 2013

BYLAE 1

Die fonds se beleggingsportefeuljes en -prestasie

Die tabel hieronder toon die waarde van die fonds se beleggingsportefeuljes (ook beleggingskanale

genoem) soos op

31 Desember 2013 en die netto (na beleggingsfooie) beleggingsopbrengste wat op die onderskeie

portefeuljes verdien is oor die periodes tot 31 Desember 2013:

Portefeuljes Waarde 1 jaar * 2 jaar (p.j.) *

Langtermyn Portefeulje R961,5m 24,8% (22,5%) 16,1% (17,4%)

Konserwatiewe Portefeulje R194,3m 20,7% (17,5%) 13,0% (12,6%)

Inkomstebeskerming Portefeulje R31,0m 6,5% (5,2%) 6,7% (5,5%)

Pensioentrekker Portefeulje R387,9m 19,7% (17,3%) 14,4% (13,6%)

Reserwe Portefeulje # R10,6m 6,3% (5,2%) 6,7% (5,5%)

Totale fondswaarde/-opbrengs R1 585,4m 22,8% (20,4%) 15,2% (15,8%)

Inflasie 5,4% 5 7%

* Die syfers in hakies toon die maatstaf opbrengste aan wat die fonds sou verdien het indien die

fonds nie van aktiewe batebestuur gebruik gemaak het nie, maar teoreties, in ’n vaste

kombinasie van die onderliggende markaanwysers, belê was.

# Die Reserwe Portefeulje bevat die beleggings ten opsigte van die fonds se

gebeurlikheidsreserwes en ander voorsienings.

Die volgende tabel wys hoe die sleutelmarkaanwysers (Suid-Afrikaanse en buitelandse aandele, effekte

en kontant) oor verskillende tydperke gevaar het.

Bateklas

1 Jaar tot

31 Desember 2013

3 Jaar tot

31 Desember 2013

Plaaslike aandele 21.6% 16.6%

Plaaslike effekte 0.6% 8.3%

Plaaslike kontant 5.2% 5.5%

Buitelandse aandele 57.2% 30.7%

Buitelandse effekte 20.28% 19.3%

Die tabel hierbo toon aan dat aandele as ’n bateklas gedurende 2013 die hoogste opbrengste gelewer

het. Buitelandse aandele het ’n besonder hoë opbrengs oor die jaar tot einde Desember 2013 gelewer,

gedeeltelik toeskryfbaar aan ’n 23,4% verswakking van die rand teenoor die dollar. Die mark konsensus is

dat die ekonomie van ontwikkelde lande besig is om te herstel. Suid-Afrikaanse aandele het ook baie

goeie prestasie oor die jaar gelewer, gelei deur kwaliteit aandele met ’n hoë markkapitalisasie (SAB

+39,6%, Richemont + 28,2%, Naspers + 102,6%).

Beide plaaslike en buitelandse effekte (in dollar terme) het baie lae opbrengste oor die jaar gelewer.

Die Langtermyn Portefeulje, wat ’n aansienlike blootstelling aan plaaslike aandele het, het ’n nominale

opbrengs van 16.1% oor die drie jaar periode gelewer, en ’n uitstekende 11% per jaar in reële terme oor

dieselfde periode. Die verwagting is dat die Langtermyn Portefeulje 5% tot 6% per jaar in reële opbrengste

sal lewer in die toekoms.

Die fonds se beleggingskeuses

Lede word daaraan herinner dat die fonds van ʼn lewensfasemodel as verstek beleggingsportefeulje

gebruik maak, waar die beleggingstrategie al hoe meer konserwatief word nader aan ’n lid se aftrede.

Volgens die lewensfasemodel sal ’n lid teen aftree-ouderdom ten volle in ’n kontantportefeulje belê wees.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!