01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bedieningsondersteuning

• stories te deel wat jou ondervinding van die

fasilitering van die program kan verbeter.

10. VERSLAG VAN DIE

VERTEENWOORDIGER VAN DIE NED.

GEREF. KERK IN NOORD-KAAPLAND BY DIE

KURATORIUM VAN DIE TEOLOGIESE

FAKULTEIT, UNIVERSITEIT VAN DIE

VRYSTAAT

Die Verslag van die verteenwoordiger van die

Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland by die

kuratorium van die teologiese fakulteit,

Universiteit van die Vrystaat is aangeheg as

Bylae 2.

11. VERSLAG VAN DIE

VERTEENWOORDIGER VAN DIE NED.

GEREF. KERK IN NOORD-KAAPLAND BY DIE

KURATORIUM VAN DIE TEOLOGIESE

FAKULTEIT, UNIVERSITEIT VAN PRETORIA

Die Verslag van die verteenwoordiger van die

Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland by die

kuratorium van die teologiese fakulteit,

Universiteit van Pretoria is aangeheg as Bylae

3.

12. VERSLAG VAN DIE

VERTEENWOORDIGER VAN DIE NED.

GEREF. KERK IN NOORD-KAAPLAND BY DIE

KURATORIUM STELLENBOSCH

Die Verslag van die verteenwoordiger van die

Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland by die

kuratorium van die teologiese fakulteit,

Universiteit van Stellenbosch is aangeheg as

Bylae 4.

13. VERSLAG VAN DIE VERTEENWOOR-

DIGER VAN DIE NED. GEREF. KERK IN

NOORD-KAAPLAND BY GEMEENTEDIENSTE

NETWERK

Op 2013 se vergadering van Gemeentedienste

Netwerk (GDN) is onder leiding van prof. Kobus

Schoeman indringend gesels oor die resultate

van die Kerkspieël navorsing in 2010 onder

erediensbywoners (15 jaar of ouer). (Resultate

vir 2006 is ook beskikbaar). Die ewekansige

steekproef is uit ’n 10% van die Jaarboek se

1146 gemeentes in 2010 getrek, met 75% (85)

van die gemeentes wat dit voltooi het gedurende

Augustus 2010. ’n Totaal van 12 286 vraelyste is

ingevul.

Uiteraard moet ’n mens die volledige verslag van

Kerkspieël onder oë kry vir ’n meer omvattende

prentjie van die situasie onder die lidmate van

die NG Kerk wat op enige gegewe Sondag die

erediens bywoon. Die volledige verslag sal

174

mettertyd by www.kerkspieel.co.za verskyn.

Registrasie (gratis) by GDN is noodsaaklik,

waarna jy kan inteken en kerkspieel.co.za kan

besoek en inligting aflaai. U kan ook met Kobus

van Tonder (kobusvt@lantic.net) skakel vir meer

inligting.

’n Paar interessante tendense en

waarnemings waarby ons stil gestaan het, kan

op die web gelees word by: Erediensbywoning

vraelys – tendense en waarnemings.

’n Paar van die belangrike gesprekke het in 2014

by Gemeentedienste Netwerk plaasgevind:

• Missionale Kerkwees

• Innovasie

• Kerkspieël en Navorsing

• Die bemagtiging van Ringe

Besoek Gemeentedienste Netwerk se webwerf

vir die inhoud van die gesprekke: GDN Forum

2014.

14. VERSLAG VAN DIE VERTEENWOOR-

DIGER VAN DIE NED. GEREF. KERK IN

NOORD-KAAPLAND BY SEISOEN VAN

LUISTER

Ds. PL Louw doen soos volg verslag:

• As verteenwoordiger van die sinode van

Noord-Kaapland het ek net kennis van een

vergadering in 2011 gekry. Ek het die

vergadering in Kempton Park bygewoon. Dit

was ’n gesamentlike vergadering tussen die

NGK en VGK.

• Daar is na die vergadering geen notule van

die skriba van die vergadering ontvang nie.

Ek het navraag gedoen maar het geen

reaksie gekry nie.

• Daar is tydens die taakspan se vergadering

baie besin en sterk oorweeg om ’n

program/seisoen van eenheid te skryf om die

proses van eenwording tussen VGK, NGK,

NGKA en RCA te ondersteun en te fasiliteer.

Maar omdat ek of die sinodale kantoor geen

notule ontvang het nie, is dit onmoontlik om

verslag te doen oor die presiese besluite en

aanbevelings wat die taakspan Seisoen van

Luister met hierdie vergadering geneem het.

• Daar is ook gesê dat die befondsing van

hierdie taakspan baie probleme ondervind.

15. LEER EN AKTUELE SAKE

Die sinodale kommissie vir bedieningsondersteuning

het ’n taakspan vir leer en aktuele sake

aangewys aangesien die sinode in Noord-

Kaapland tans nie ’n taakspan het nie. Kostes vir

die taakspan vir leer en aktuele sake is befonds

uit die Leer en Aktuele Sake Reserwefonds. Die

taakspan vir leer en aktuele sake het uit ds. PG

Otto en ds. GJ Duursema bestaan.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!