01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

184

Bedieningsondersteuning

Bogenoemde verslag dui op ’n behoefte aan identiteitsverandering. Ons moet bemagtig word om ons

Christenskap te beliggaam, soos ons byvoorbeeld ons Afrikanerskap beliggaam. Hierdie

identiteitsverandering behels dus noodwendig ‘n Christelik-kulturele ommeswaai: van ‘n passiewe

vormgodsdiens na geestelike paraatheid, van ’n gemeentelike na-binne gerigtheid na ’n betekenisvolle

oriëntasie t.o.v. die gemeente se samelewingsrealiteite. Lidmate moet bemagtig word i.t.v. die geestelike

en ander uitdagings wat hulle mikro- (die self), meso- (hulle omgewing) en makrokonteks (die land as

geheel) daar stel. Hierdie mikro-, meso-, en makro-realiteitseise val buite lidmate se geestelike

verwysingsraamwerk: hierdie persoonlike- en samelewingsrealiteite word nie ontleed deur die oorsake,

gevolge, en impak daarvan vas te stel, en dus te bepaal wat God vir die Gemeente hierdeur sê, en vra

nie! Daar is dus aanduidings dat lidmate - met die uitsondering van klein groepies aktiewe en meelewende

lidmate in verskeie gemeentes – mank gaan aan geestelike paraatheid, geloofsvolwassenheid en ’n lewe

van effektiewe dissipelskap.

Hierdie identiteits- en kulturele transformasie verg ’n proses van interpretasie en onderskeiding van ons

rol binne ons onderskeie lokale- en nasionale kontekste. Lidmaatbemagtiging moet uitloop op groter

geestelike volwassenheid/paraatheid – ’n kombinasie van geloofskennis (wat behels Christenskap en ons

Christelike geloof?) en geloofstoepassing in die alledaagse lewe.

2. DIE PORTEFEULJE LIDMAATBEMAGTIGING NAVORSING OOR MATERIAAL WAT

GEAKKREDITEER IS EN ‘N KRITIESE EVALUEER AAN DIE HAND VAN DIE GEREFORMEERDE

TEOLOGIE

a. Nehemia Bybelinstituut (Bybel-Media)

b. Hugenote Bybelinstituut

c. Hugenote Kollege

d. Shepherd/UFS

e. Rimpels (http://www.gemeentes.co.za/vennote/adgo/38-rimpels-vir-die-koninkryk)

f. Dr. Bruce Wilkinson: Teach Every Nation

a. Nehemia Instituut

Bybel-Media se Nehemia Bybelinstituut verskaf via afstandonderrig toerusting aan kerkleiers wat nie

voltyds kan studeer nie. Die materiaal word op ’n lae vlak aangebied (verstaanbaar vir Gr. 11 leerder), en

is van ‘n prakties-toepasbare aard.

Die kursus bestaan uit twee dele: kerkleierskapsontwikkeling en gemeentebedieningsontwikkeling. Elke

deel bestaan uit 3 modules. Kerkleierskapsontwikkeling se modules is: God roep kerkleiers, Verstaan

kerkwees, en Die Kerk in aksie. Gemeentebedieningsontwikkeling se 3 modules is: Toerusting van die

kerk vir bediening, Opbou van die kerk, en Uitreik na die wêreld. Die modules word opgedeel in boekies

en die hele kursus beloop sowat drie jaar. Die kursus is geakkrediteer deur die Universiteit van Pretoria

(deur die Dept. Van Onderwys erken).

’n Persoon wat heelwat met die materiaal werk, Dr. Ben Joubert, van Riebeeck Stad gemeente, getuig

van die gemak van die materiaal. Hy gebruik dit veral onder verafgeleë (swart) kerkleiers wat nie toegang

tot Christelik-teologiese materiaal het nie.

b. Hugenote Bybelinstituut

Hugenote Bybelinstituut is ook ‘n divisie van Bybel-Media, en verskaf afstandonderrig. Hulle bied die

volgende kursusse aan: ’n twee-jaarkursus in Bybel- en Godsdienskunde, ’n tweejaarkursus in Christelike

nood-en-traumaberading, ’n tweejaarkursus in jeugbediening, en ’n tweejaarkursus in sending.

Die kursusse is geakkrediteer by die Universiteit Pretoria.

c. Hugenote Kollege

Die Kollege bestaan uit twee departemente: Teologie en Kerklike Dienswerk, en Maatskaplike Dienswerk.

Die departement Teologie en Kerklike Dienswerk bied ’n Bybelskoolkursus via die Hugenote-

Bybelsinstituut aan (afstandonderrig), sendingkursusse, en ’n sertifikaatkursus in teologie en kerklike

bediening. Die departement Maatskaplike Werk bied ’n eenjarige sertifikaatprogram in

Gemeenskapsontwikkeling aan, ’n eenjarige sertifikaatprogram in Vroeë Kinderontwikkeling, ‘n eenjarige

sertifikaatprogram in Kinder- en Jeugsorg, en ’n eenjarige sertifikaatprogram in Maatskaplike Hulpwerk.

Die Teologie en Kerklike bedieningskursus is ’n jaarkursus wat 5 modules behels: Spiritualiteit en roeping,

Ou- en Nuwe Testament, Dogmatiek en etiek, Praktiese teologie (bedieningsteologie), en

Kerkadministrasie. Die Kollege beoog om teen Januarie 2014 met die program te begin, in afwagting van

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!