01.12.2014 Views

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

IA-Sinode-2014-Agenda

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

193

Bedieningsondersteuning

Kerkgeskiedenis). Hierbenewens is ook prof Alfonso Groenewald 'n lidmaat van die NG Kerk hoewel hy

nie een van die ooreengekome NG poste beklee nie. Prof. Dirk Human is die Vise-Dekaan.

Die NG Kerk se dosente vergader gereeld afsonderlik om aan gemeenskap-like sake aandag te gee. Die

Voorsitter is prof. Danie Veldsman en die Ondervoorsitter is prof. Cas Wepener.

5. Kerkeie Opleiding

’n Nuwe fase van Kerkeie Opleiding kon aan die begin van hierdie jaar aanbreek. Dr. Gustav Claassen is

van 1 Februarie hoof van Kerkeie Opleiding. Dit beteken dat hy volle verantwoordelikheid neem vir die

begeleiding van die NG Kerk se teologie studente vanaf die eerste tot die sesde jaar. Buiten vir die

begeleiding is hy ook verantwoordelik daarvoor dat die aspekte rakende spiritualiteit en

persoonlikheidsgroei genoegsame aandag kry. Ten einde dit te bereik, word die studente ook toegewys

aan predikante wat hiermee help. Daar is ’n program uitgewerk waarmee uitdrukking gegee word om al

die eienskappe wat gemeld word in die Profiel van die Afgestudeerde Student (en ’n paar jaar gelede deur

die Algemene Sinode goedgekeur is). Hierbenewens word die band tussen die tuisgemeente (of sturende

gemeente) en die Kuratorium onderhou soos deur die A tot Z Beleid bepaal.

Met die nuwe graadstruktuur wat binne die volgende paar jaar geïmplementeer gaan word, skep dit

opwindende moontlikhede vir die gewysigde inrigting van die gemeentejaar.

6. Voortgesette Bedieningsontwikkeling

Dr. André Bartlett is vanaf die begin van hierdie jaar voltyds verantwoordelik vir Excelsus, die naam vir

ons Sentrum vir Bedieningsontwikkeling. (Die afgelope twee jaar het ook Kerkeie Opleiding deel van sy

opdrag gevorm). Hy het dus nou die ideale geleentheid om Excelsus uit te bou met die oog op kursusse

vir afgestudeerdes. Hy werk derhalwe ook ten nouste saam met die nuwe Gevorderde Diploma in

Gemeentebediening.

Buiten vir die jaarlikse Lentekonferensie, kan navorsing en betrokkenheid by die Kerk se wetenskaplike

blad, Verbum et Ecclesia, aandag geniet. Die Kuratorium sien hierdie ontwikkeling as die verwesenliking

van 'n lang gekoesterde ideaal.

7. Ander Kuratorium sake

Vanweë die feit dat dr. Flip du Toit aan die einde van September 2013 emeritaat moes aanvaar, het daar

’n totale herorganisasie plaasgevind. Dit het onder andere daartoe aanleiding gegee dat bogenoemde

twee sake so geïmplementeer kon word. Sedert Oktober 2013 is dr Du Toit op deeltydse basis (40% van

sy tyd) in diens geneem. Hy is as Skriba van die Kuratorium verantwoordelik vir al die administratiewe en

uitvoerende sake van die Kuratorium en die vergaderinge daarvan. Daarbenewens het hy die

verantwoordelikheid om aan fondsinsameling aandag te gee sowel as die bemarking van teologiese

opleiding by die Kerk.

8. Dank

Daar kan met groot dankbaarheid gerapporteer word dat die samewerking met die sinode in Noord-

Kaapland deurgaans hartlik was. Die feit dat die sinode verteenwoordig word deur ds. Phillip Coetzee,

speel hierin geen geringe rol nie.

DJ Dreyer (Voorsitter)

PR du Toit (Skriba)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!