02.05.2013 Views

Agri NW Jongboer - Senwes Tuisblad

Agri NW Jongboer - Senwes Tuisblad

Agri NW Jongboer - Senwes Tuisblad

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Biologiese bewerking

maak van Ernst ’n wenner

vervolg van bladsy 41

BoEr SÓ SuKSESVol

vir ernst is netheid een van die voorvereistes van

’n suksesvolle boerdery. “’n produsent moet ook

presies wees. elke land moet presies afgesluit

word – dieselverbruik, saad, kunsmis, gif – jy moet

presies weet wat elke insetmiddel per hektaar gekos

het en jou somme akkuraat maak,” het hy vertel.

verder glo hy ook dat produsente tegnologies vooruit

moet boer. daarom beplan hy om in die toekoms

’n groter fokus op presisieboerdery te plaas. “die

nuutste kultivars, nuutste gifstowwe, nuutste

bemesting – jy moet die heeltyd bybly,” het ernst

gesê.

ToEKomSplannE

presisieboerdery is ook deel van die toekomsvisie

wat ernst vir sy boerdery het. dan wil hy ook oor

die volgende vyf jaar sy opbrengs met nog ’n ton

en ’n half verhoog en verder daaraan werk om

biologiese bewerking in sy boerdery te verfyn. “die

grond waarmee ’n mens geseën is om op te kan

boer, moet bewaar word en met die regte metodes

– bewerking en beweidingsmetodes – bewerk word,

sodat jou kinders eendag iets het om mee aan te

gaan,” het ernst vertel.

sy wens vir landbou in suid-Afrika is dat almal

sal saamwerk en bietjie afskaal met die mielie plantery

in die komende seisoen, sodat daar ’n groter

vraag kan ontstaan om sodoende ’n kon stante beter

prys vir die produsent te verseker en daar nie elke

jaar ’n oorskot en ’n prys soos vanjaar is nie.

JonGBoEr-raaD

“jongboere kan gerus by hul boereverenigings,

>> ErnST SE GunSTElInGE

Drankie: Fanta orange en oros

Seisoen: somer

Tyd van die dag: laatmiddag

Vakansieplek: ballito

TV-program: grey’s Anatomy; molly en Wors

musiek: enige Afrikaanse musiek, veral steve

hofmeyr; johnny clegg

Augustus 2010 • www.senwes.co.za

Ko lliG op ErNST joNKEr •••

Die Jonker-boerdery

het ook ’n veefaktor,

wat as ’n eie eenheid

funksioneer.

landbou-unies en studiegroepe aansluit en

sodoende van hulle kant af ook ’n verskil maak

in die landbou deur nuwe kennis en inligting in

te bring, om hul gewig voluit agter die landbou te

gooi,” is ernst se raad aan ander jongboere.

DIE anDEr ErnST

ernst is getroud met Yolandi, wat as apteker in die

nabygeleë Wolmaransstad werk. hulle het twee

dogtertjies, jumari (wat nou vier jaar oud is) en

rianca (wat vroeër vanjaar haar opwagting gemaak

het). Yolandi is ook by die finansiële sy van die

boerdery betrokke.

Wanneer ernst nie besig is om te boer nie,

geniet hy en sy gesin ’n lekker braai saam met hul

vriende. ernst jag ook graag in die winter en het

’n groot liefde vir rugby. hy het in sy jonger dae as

voorspeler vir griekwas se onder 21-span uitgedraf.

daarom is hy ook gereeld langs die rugbyveld as

ondersteuner – veral op loftus, sy geliefde blou bulspan

se tuisveld.

vir ernst is dit ’n groot eer om as Agri nW se

jongboer van die jaar aangewys te word. hy voel

dat so ’n kompetisie van groot waarde vir jongboere

is, omdat dit vir hulle erkenning gee en iets om voor

te werk. met ’n glinster in die oog sluit hy die onderhoud

af deur te sê dat sy voorbereiding vir die nasionale

jongboerkompetisie nie anders gaan wees nie

en dat “daar geen omkopery betrokke sal wees nie”.

so, die krummelpap en kaiings sal moet wag! S

Kleur: groen Vir verdere inligting, skakel (018) 468-2716 of stuur ’n

e-pos aan johan@infoworks.biz

43

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!