02.05.2013 Views

Agri NW Jongboer - Senwes Tuisblad

Agri NW Jongboer - Senwes Tuisblad

Agri NW Jongboer - Senwes Tuisblad

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

oorlewende insekte kon met kerasien gedood word.

melander het gewonder waarom sommige

bevolkings van die dopluis besig was om weerstand

teen die gifmengsel op te bou. is dit moontlik dat

die kalk-sulfaatmengsel ’n biologiese verandering in

die insek kan sneller, soos wat mense wat baie met

hul hande werk byvoorbeeld verharde eelte op hul

hande ontwikkel? melander het dit betwyfel. daar

het dan reeds tien generasies van dopluise tussen

die bespuitings geleef en gesterf. die weerstand

moet oorerflik wees, het hy geredeneer. hy het

somtyds kolonies van die insek lewendig gevind

tussen duisende dooie insekte.

hierdie idee was radikaal vir sy tyd. bioloë

het onlangs eers mendel se wet van oorerflikheid

ontdek. hulle het bespiegel oor gene wat van een

generasie na die volgende oorgedra word, maar was

nog nie seker wat gene is nie. maar hulle het besef

dat gene ’n spontane verandering – ’n mutasie

– kon veroorsaak, wat kenmerke permanent kon

verander.

melander het voorgestel dat boere in die kort

termyn eerder brandstofolie moet gebruik om van

die insek ontslae te raak, maar het gewaarsku dat

die insek uiteindelik ook teen dié olie sal weerstand

opbou. eintlik was die beste manier om te keer

dat die insek ’n algehele weerstand opbou om nou

en dan nie die gifstowwe so goed aan te wend

nie. deur toe te laat dat sommige van die insekte

oorleef, kon produsente die nie-weerbare gene in

die bevolking behou. “’n mens kan dus die vreemde

afleiding maak dat hoe slegter die aanwending

hierdie jaar is, hoe makliker sal dit wees om die

insek volgende jaar te beheer,” het melander

voorspel.

melander het meer as ’n eeu gelede daarop

gewys dat natuurlike seleksie baie vinnig kan gebeur

en ’n direkte effek op mense se lewens kan hê.

ongelukkig het hierdie ontdekking grotendeels op

dowe ore geval. oor die volgende paar dekades

heen, het boere en chemiese navorsers min

aandag geskenk aan die moontlikheid dat insekte

en onkruid weerstand kan opbou. dit het egter

geleidelik duidelik geword dat, elke keer wat ’n

nuwe gifstof aangewend is, die teiken van die gifstof

begin weerstand opbou het. en hoe meer die gifstof

gespuit is, hoe vinniger het die weerstand opgebou.

soos gifstowwe begin faal het, het chemiese

navorsers na nuwes begin soek. die soektog het

moeiliker en moeiliker geword. Wat die taak selfs

meer uitdagend gemaak het, was die feit dat hierdie

gifstowwe soms uitermatige skade kon aanrig aan

Augustus 2010 • www.senwes.co.za

••• ToEKomSBliK •••

nie net onkruid en peste nie, maar ook voëls,

voordelige insekte en selfs mense. maar in 1970

het ’n wetenskaplike van monsanto ’n gifstof gevind

wat groot belofte getoon het – glifosaat, ook bekend

as roundup.

glifosaat dood onkruid deur die samestelling

van aminosure wat noodsaaklik is vir die oorlewing

van plante, te blok. dit val die ensieme aan wat

slegs deur plante gebruik word, met die gevolg dat

dit onskadelik is vir mense, insekte en ander diere.

en, anders as ander gifstowwe wat in grondwater

opgeneem word, bly glifosaat waar dit gespuit word

en ontbind binne ’n paar weke.

dit het vir ’n geruime tydperk geblyk asof

glifosaat melander se ysterreël so vermy. monsantowetenskaplikes

het toetse gedoen wat geen tekens

van weerstandbiedendheid getoon het nie. dit het

voorgekom dat glifosaat so ’n noodsaaklike deel

van ’n plant se biologie aangeval het, dat plante

geen weerstand kon genereer nie. nadat glifosaatbestande

gewasse ’n paar jaar lank verbou is,

het produsente begin agterkom dat perdekweek,

“morning glory” en ander onkruid weer eens op hul

lande begin toesak het.

William neuman en Andrew pollack het in

die new York times berig oor ’n produsent van

tennessee (vsA), eddie Anderson, wat vir 15 jaar

’n streng geenbewerking-en omgewingsvriendelike

tegniek gebruik het wat basies die ploegaksie

elimineer om erosie en die gevaarlike wegvloei van

kunsmis en gifstowwe teen te werk.

maar nie vanjaar nie. vanjaar kyk eddie toe

terwyl trekkers sy lande deurkruis – besig om te

ploeg en gifstowwe in die grond in te werk om die

onkruid dood te maak waar sojabone binnekort

geplant sal word.

stephen powles, ’n wetenskaplike van die

universiteit van Wes-Australië, is reeds vir jare

besig om die evolusie van roundup weerstand te

bestudeer en was mede-outeur van ’n resensie wat

kyk na wat ons tans van roundup-weerstand weet.

Wat opmerklik is, is hoeveel verskillende

maniere onkruid gevind het om die chemikalieë te

vervolg op bladsy 50

49

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!