02.05.2013 Views

Agri NW Jongboer - Senwes Tuisblad

Agri NW Jongboer - Senwes Tuisblad

Agri NW Jongboer - Senwes Tuisblad

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

64 64

64 ••• iN my viSiEr

Lelike lieflinge

van die Bosveld

Die droë kameeldoring in die sandsloot

was ’n donker spookding met groteske arms

en na meer as drie ure se sit in die windpomp het

ek my verbeel dat hy elke nou en dan beweeg. toe

’n jakkals skielik naby in die ylboomvlakte kla, het

sy melankoliese roep my nekhare onwillekeurig laat

rys. in die helder maanlig kon ek die vlakte sien,

maar selfs met my verkyker het die skadu’s geheimsinnige

donker poele gebly en die jakkals onsigbaar.

’n sagte geluid skuins agter my het my aandag

getrek en toe ek my kop draai, snork die “ding” reg

onder die windpomp. die half vraende snork was

onmiskenbaar, maar in my verbeelding het ek die

luiperdmannetjie (wat skynbaar daar naby die windpomp

gehou het) skuins agter my sien hurk, sy oë

brandend op my rug. skielik was my rug laaistokstyf

en terwyl my oë die dierasie soek sonder dat ek

my kop draai, het my regterhand na die 7x57 se

veiligheidsknip gesoek...toe snork die vlakvark weer.

hierdie keer was die geluid onmiskenbaar en ek

het ’n harde sug van verligting geslaak...toe spat die

klippers soos die varke hardloop. daar was twee. dit

was kwart voor nege die aand. Waarom dié twee in

die nag wou kom suip weet nugter, want vlakvarke

is eintlik daglopers en hul sig is by die beste van tye

maar swak. soms, lyk dit my, loop hulle tog snags

want ek het in die oos-kaap en ook naby pongola

in noord-natal vlakvarke op helder maanligaande

sien wei.

twee dae na die windpomp-episode (wat in die

ou suidwes-Afrika afgespeel het) het ek ’n groot

beer geskiet. ek het met ’n droë loop langs gestap

en toe skielik beweging sowat 100 m voor my gesien.

dit was ’n sog met drie varkies en sowat 15 m

agter hulle het ’n groot beer gevolg. Almal op pad in

my rigting.

die meeste van ons dink aan varke as regte

kop-in-die-grond-diere maar het julle al opgelet hoe

’n vlakvark hardloop? daardie ou groot kop word op

’n baie aristokratiese wyse hoog gedra. ek het agter

’n yl boompie vasgesteek en gewag...my aandag by

die beer. die sog het al nader gekom...35 treë...

25...15...en toe gewaar sy my. maar in plaas daarvan

dat sy omdraai, het sy spoed opgetel en verby

Koos Barnard

my gesnel, met die jong varkies in ’n stofwolk

agterna.

hulle skielike vaartversneling was die beer se

ondergang, want hy het effens gehuiwer, sy aandag

ten volle by die sog en kleintjies. die kruishaar

het oor sy kop gedans en toe word ek bewus van

die mauser se skerp knal. dié ou vark het ’n mooi

stel tande gehad en ek het ’n stukkie van een

gebruik om ’n diamantvormige inlegsel in die kolf

van my 7x57 te maak.

my laaste vlakvarkjag was ’n onlangse een in

die oos-kaap waar die varke op sommige plekke

groot skade aanrig en uitgedun moet word. ek het

’n beer bekruip wat sy oggendslapie in ’n son kolletjie

geniet het. terwyl hy rus, het ek hom geruime

tyd dopgehou. hy het sy een agterbeen gedurig

ge strek en toe hy later opstaan, het ek gemerk dat

hy kruppel in daardie been was. toe hy wegdraai

en begin aanstap, het ek soos ’n vlakvark gesnork

waarop hy gestop en omgedraai het, soe kend na

die geluid. ek het die kruishaar laag tussen sy oë

laat rus en die sneller gedruk. dis dié beer wat op

die agtergrondfoto verskyn.

hierdie ou lelike, mooi vratgesigdiere en operige

bosveld is sinoniem en sommiges verwys na

hulle as die “lelike lieflinge van die bosveld”. die

troetelnaam spruit uit die feit dat hul teenwoordigheid

daarop dui dat ander wild ook daar sal floreer;

dat hul redelik maklik is om te jag (ideaal vir jong

jagters se inlywing); dat ’n jong vark so vrek lekker

smaak en dat hul potsierlike bou en komieklike

wegdraf soveel plesier verskaf.

daar is ook ’n ander rede waarom ek ’n sagte

plekkie vir hulle het. vlakvark-sôe skroom nie om

hul kleintjies te verdedig nie – teen enigiets – en

groot bere verdra geen nonsens van luiperds nie.

ek het selfs onlangs gelees dat veldwagters ’n

dooie leeuwyfie gekry het naby ’n groot vlakvarkbeer

wat sy gevang het. met een van sy tande

het hy haar pens oopgeskeur en so sy lewe ten

duurste verkoop. S

Koos Barnard is ’n voltydse jagskrywer.

www.senwes.co.za • Augustus 2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!