02.05.2013 Views

Agri NW Jongboer - Senwes Tuisblad

Agri NW Jongboer - Senwes Tuisblad

Agri NW Jongboer - Senwes Tuisblad

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Onweerstaanbare water

lees Johannes 4: 1 - 42

Jesus was op reis na galilea in die noorde

van palestina. ’n vrou wat ’n slegte reputasie in die

dorp gehad het, het na die put gekom om water te

skep. ons weet nie presies wat die rede was vir haar

mislukte verhoudings nie, maar jesus noem dat sy

reeds vyf mans gehad het en dat die verhouding

waarin sy op daardie stadium was, ook nie haar

man was nie. sy het ’n onvervulde lewe gehad;

innerlik was sy dor en het sy na aanvaarding in die

samelewing gesmag.

Aanvanklik was sy verbaas dat jesus vir haar

water vra. dit was immers nie die gebruik dat

jode en samaritane met mekaar omgaan nie.

jesus noem aan haar dat hy vir haar die water

kan gee wat ’n mens nooit weer laat dors kry

nie. die skrywer van johannes is ’n meesterlike

storieverteller en beskik oor die vermoë om ironie,

misverstand en die opbou van spanning in ’n verhaal

treffend te gebruik. so sien ons dat sy die water

wat jesus aanbied letterlik in plaas van figuurlik

verstaan.

Die water wat Jesus gee,

is onweerstaanbaar. As jy

eenkeer daarvan gedrink het,

is jy daaraan verslaaf.

dit hang nou saam met haar verstaan van die

identiteit van die man wat hier voor haar sit.

ook hier vind ’n progressie van jesus se statuur

in haar oë plaas. Aanvanklik kan hy nie groter

as haar voorvader jakob, wat die put gegrawe

het, wees nie. later, wanneer hy haar reputasie

bekend maak, word hy ’n profeet. nadat jesus

vir haar verduidelik het dat die verlossing uit die

jode kom en dat in die nuwe bedeling die plek van

aanbidding nie meer belangrik is nie, begin

Augustus 2010 • www.senwes.co.za

Ds Willie Botha

vir DiE SiEl •••

sy suggesties maak oor die messias.

gaandeweg, soos wat jesus se identiteit

ontvou, verskuif die klem al meer van die fisiese

water na die water wat ewige lewe gee. een van

die hoogtepunte in die verhaal vind plaas wanneer

sy haar kruik daar by die put los en na háár dorp

terugkeer. sy vertel van haar ontmoeting met jesus

en sê: “kom kyk...is hy nie miskien die christus

nie?”

uiteindelik kom die hele dorp tot inkeer en

spreek die pragtige belydenis uit: “…en ons weet

dat hy waarlik die verlosser van die wêreld is.”

deur haar kruik by die put te los word dit

duidelik dat sy van die water gedrink het wat ’n

mens nooit weer laat dorskry nie. sy los ook haar

ou lewe by die put agter. die water wat jesus gee,

is onweerstaanbaar. As jy eenkeer daarvan gedrink

het, is jy daaraan verslaaf. dit maak dat jy van

jouself afstand doen en van hom gaan vertel sodat

ander ook uit hierdie fontein kan drink. die dor,

onvervulde vrou het inderdaad ’n fontein geword

waaruit lewende water opborrel. S

>> wat is die les wat ons

hieruit leer?

1

2

3

jy kan dalk met hierdie vrou assosieer en

jesus wil vir jou ook van hierdie water gee

om te drink.

jesus aanvaar mense onvoorwaardelik, ten

spyte van hul sonde en tekortkominge.

jesus gebruik onwaarskynlike kandidate om

’n groot verskil in sy koninkryk te maak.

Ds willie Botha is van die Nederduitsche Hervormde Gemeen

te op Lydenburg. Skakel hom by 082 786 3458 of stuur

‘n e-pos aan wbot@absamail.co.za.

55

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!