16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

’n Jaar of wat voor Ben Viljoen se geboorte het sy ouers en hul drie dogtertjies uit die Robertson-distrik in die

veilige Kaapkolonie hiernatoe getrek, na die destydse Temboeland, ’n gebied waar hulle van die eerste wit

bewoners was. Hier aangekom was hulle omring deur swart stamme wat hulle nie altyd goedgesind was nie, en

moes hulle van voor af ’n bestaan uitkerf. Wie was hierdie mense, van watter stoffasie was hulle gemaak? Braam

onderbreek my gedagtegang. Verder kan hy my nie neem nie, maar hy beduie na ’n sandsteenpiek in die verte

– Valie se grot is daar. Hy sal my oor twee ure weer hier kom haal. Stamp-stamp ry hy weg. Van waar ek staan

kan ek net-net ’n holte in die krans gewaar, omtrent twee kilometer ver soos die kraai vlieg, skat ek. Maar tussen

my en die krans is ’n baie skuins grasbedekte berghang met geen sigbare voetpad nie en steil rotswande laer af.

Die eerste paar honderd treë vorder ek redelik maklik, maar gou raak die helling steiler. Ten spyte van die matige

herfsweer slaan sweet gou op my rug en onder my armholtes uit. Links van my lê die vallei onrusbarend ver na

benede. As ek sou skeeftrap en gly, is daar niks wat my val sal breek nie. Is die kool regtig die sous werd? wonder

ek. Maak dit regtig saak dat ek die grot kry waar Ben volgens hom gebore is? Maar eintlik weet ek hoekom ek

aanhou soek. Twee jaar gelede het ek my voorgeneem om elke plek te besoek waar Ben noemenswaardige tyd

deurgebring het, en sy geboortegrot was een van die min plekke waar ek nog nie was nie.

Vanaf Robertson tot Krugersdorp en die slagvelde van Oos-Transvaal en Noord-

Natal, daarna Brittanje, Nederland, Mexiko en die VSA, het ek sy spoor gevolg tot

dit doodgeloop het in die klein dorpie in die Amerikaanse deelstaat Nieu-Mexiko

waar hy in 1917 sy laaste asem op 48-jarige ouderdom uitgeblaas het. Net by St.

Helena en sy geboortegrot moes ek nog uitkom. Maar daar is ook ’n ander rede

waarom ek die grot moet opspoor. Teen hierdie tyd ken ek Ben se streke al baie

goed. Hy was lief om stories te versin, en ek eet hulle nie meer vir soetkoek op nie.

Is daar werklik so ’n grot in die Elliot-omgewing? Ek herkou nog aan hierdie gedagtes

toe ek in ’n gat trap en struikel. Ek gryp met my regterhand na die graspolle

bo my, maar kry nie vashouplek nie. Nou gly ek op my rug by die helling af na

die afgrond wat ek nie kan sien nie, maar wat ek weet wag. Wat ’n belaglike slotsom tot my lang speurtog, skiet

dit deur my gedagtes, om hier op tuisbodem my droewige (vir my altans) finale bestemming te bereik. Miskien

het Ben besluit dat hy genoeg gehad het van hierdie lastige biograaf wat gaan krap het waar hy nie moes nie.

Maar eers terug na die begin. Hoekom Ben Viljoen? Dit is die vraag wat telkens aan my gestel is terwyl ek sy

lewe nagevors het. Dit is ’n geldige vraag, want tot ’n paar jaar tevore het ook ek byna niks oor hierdie relatief

onbekende Boeregeneraal geweet nie. My belangstelling in hom het geleidelik ontstaan en was die gevolg van

verskeie prikkels. In my navorsing vir my boek Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog het ek

bewus geraak van die aanvanklike vriendskap en latere vyandskap tussen Ben Viljoen en Eugène Marais in die

voormalige Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) in die dekade voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog. Ben het

selfs sy eersgeborene kind Wynand Eugène gedoop toe hy en Marais nog vriende was.

Die basiese feite oor Ben se lewe het ek in die verbygaan ingeneem – die arm trekboerseun uit die destydse

Transkei wat eers ’n polisieman op die Wes-Rand was, toe ’n joernalis en koeranteienaar in Krugersdorp, daarna

op 30-jarige ouderdom militêre kommandant van Johannesburg asook dié stad se verteenwoordiger in die ZAR

se Tweede Volksraad. Binne ’n jaar ná die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog word hy bevorder tot veggeneraal

en daarna assistent-kommandant-generaal van die Transvaalse magte onder kmdt.-genl. Louis Botha; hy word

gevange geneem in die laaste maande van die oorlog en na St. Helena verban en emigreer ná sy vrylating na

Mexiko en toe Amerika waarna hy uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis verdwyn.

114

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!