16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Sy gaan doen introspeksie in die natuur, “wat deel is van wie ek is, ek het deur ’n proses van

reclaiming gegaan van my een waardevolle lewe en toe wil ek weer uitvind wat my skeppingsproses

is. In my kop het ek gesien daar is iets waarna ek toe moet terugkom en wat belangrik is in die

konteks van wat ek doen.”

En sy besef die rigting waarin sy kyk, stuur haar lewe en ook dit wat sy skep na die toekoms.

“Tydens die skeppingsproses waarin ek gedurig is, kyk ek altyd net vorentoe, ek kyk nooit terug nie.

As iemand vir my sê wat is jou hoogtepunt dan sê ek my volgende show, maar dit is ook iets wat

ek intuïtief altyd sê.

“Dit is die terugblik wat jou in ’n soutpilaar verander, as jou hoogtepunt 20 jaar gelede was dan is daar mos niks

nuut in jou kreatiewe proses nie.”

Én sy ontdek dat sy besig is met “forever relevant fashion”, soos Suzy Menkes, redakteur van Vogue International,

haar werk noem. Fassler worstel ook met goed, sê sy, maar weet sy het ’n passie en deursettingsvermoë wat byna

deel van haar DNS is.

“Ek het opinies, ek is nie louwarm nie. Ek is baie familievas, huisvas en is mal daaroor om te kook. Ek was ‘klein’ toe

ek my dogter Hannia gehad het, so ons het saam grootgeword. En ek hoop deur die manier waarop ek my kinders

grootgemaak het, is hulle bewus van ’n sterk vroue-energie.”

Fassler se man, Charles Bothner, is haar genoot, haar lewensvennoot. “Ek glo aan amazing partnerships, my man is

die mens met wie ek saam oud gaan word. Ek is totaal onafhanklik, maar ook heeltemal afhanklik van my familie en

hulle koestering. Ek stel altyd familie bo enigiets anders.”

As fisieke manifestasie van haar tog tot reclaiming, pak Fassler, haar skoonsuster en vyf ander spesifieke mense wat

sy gevra het om saam te stap in Junie 2019 die Otterstaproete in die Tuinroete aan.

“Nature’s Valley was ’n spesiale plek vir my pa en my broer. Baie mense het vir my gesê ek sal nie die Otter kan

doen nie, ek is nog altyd redelik fiks,maar dit was nie net ’n kwessie van fiksheid nie. Op die Otter-wandelpad gaan

dit oor deursettingsvermoë.”

“Ná n baie uitdagende dag het ek die wonder van spanwerk beleef. Twee van my vriende het vir my ’n brug gebou

met sulke klippe [sy wys met haar hande hoe groot die klippe was] toe ek nie maklik ’n rivier kon oorsteek nie en ek

het besef jy kan nie deur die lewe gaan sonder spanwerk nie, jy kan nie dat jou ego jou dryf nie.”

Sy is opwindend oor die pad vorentoe op haar lewensreis. “My idees hou nooit op nie, mode is nie my raison d’être

nie, maar ek weet mode channel alles om ons, dit bepaal wat ons gaan aantrek, en hoe ons met mekaar kommunikeer.

“Ek het ook kitsroem gehad, en deur die jare burnout ervaar, maar ek dink altyd aan Picasso se woorde, ‘inspiration

exists, but it has to find you working’.

166

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!