16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VILJOEN (4DE VAN REGS AGTERSTE RY) EN VAN SY KOMMANDOLEDE IN DIE PELGRIMSRUS-DISTRIK IN 1901. FOTO VERSKAF DEUR NICOL STASSEN

Soos Meijer uitwys, het Ben nooit ’n volksheld geword nie, alhoewel al die noodsaaklike elemente daarvoor in sy

lewensloop teenwoordig was. Ben was ’n prominente jonger generaal in die Boeregeledere; dit was juis hierdie

jonger leiers wat ná die oorlog die nuwe politieke elite van die Afrikaners gevorm het, en in die eerste dekade van

die 20ste eeu ’n Afrikanernasionalisme gedryf het wat minder republikeins was, maar geensins minder vurig nie.

Maar ná die oorlog het Ben nie die politieke rol in Suid-Afrika ingeneem wat sy rol as prominente Boeregeneraal

oënskynlik vir hom bestem het nie.

Ná my aanvanklike leeswerk het ek besef dat daar groot gapings in die bestaande werke oor Ben se lewe is,

en besluit om ’n doktorale proefskrif oor hom aan te pak. My vermoede was ook dat so ’n studie ’n ander blik

op die traumatiese tydperk tydens en rondom die Anglo-Boereoorlog kon gee, asook op die onderstrominge in

die Boeregeledere. Daar is verder iets baie moderns aan Ben wat my laat dink het aan ’n deel van die huidige

generasie Afrikaners – minder godsdienstig, gemaklik in verskillende kulture, bereid om te emigreer wanneer hulle

dink dit tot hul voordeel is. Soms is dit egter ook die meer onbenullige goed wat bydra tot die besluit om ’n paar

jaar van jou eie lewe aan die navors van ’n ander mens se lewe te wy. Ben is op 7 September 1868 gebore,

presies 95 jaar voor my. En behalwe vir die gedeelde verjaarsdag, het hy die eerste helfte van sy volwasse lewe in

Krugersdorp op die Wes-Rand deurgebring, nie ver van waar ek baie jare later grootgeword het nie.

Hierdie boek getuig daarvan dat ek my tog na Valie se grot oorleef het; ’n struik het my val gestuit, en ek kon

taamlik ongedeerd verder stap. Toe ek uiteindelik daar aankom, moes ek ontdek dat Valie se grot eintlik ’n holkrans

is, en te onbereikbaar en onherbergsaam vir ’n familie met jong kinders om te bewoon het. Maar die grot waar

Ben gebore is, het ek wel toe die volgende dag opgespoor. En uit die bronne in talle familieversamelings, argiewe

en biblioteke in Suid-Afrika, Nederland, Brittanje, Mexiko en die VSA het ’n fassinerende prentjie van ’n komplekse

persoonlikheid na vore gekom. Ek het my proefskrif in 2018 voltooi, en Kansvatter is ’n verwerking daarvan.

117

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!