16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

In die vroeë sestigs is die NG Gemeente Welkom-Wes op pad om te skeur. Die kwessie wat gemeentelede

so verontwaardig het, het niks met geloofsideologie te doen nie, maar die ontwerp van die nuwe kerkgebou

deur die jong en relatief onbekende argitek Roelof Uytenbogaardt. Uytenbogaardt was ’n goeie vriend van

die nuwe jong dominee, wat saam met ’n klein groepie raadslede besluit het op die ontwerp, ten spyte van

ontsettende teenstand vanaf ’n groot deel die gemeente en raad.

Uytenbogaardt was ’n besonder talentvolle argitektuurstudent, wat in 1961 onder David Crane in Pennsilvanië

studeer het. Hy het ook in hierdie tyd meestersklasse van Louis Kahn bygewoon. Crane het in ’n brief aan

Uytenbogaardt se pa geskryf: “Everyone on the Faculty of the School of Fine Arts has recognized that Roelof is

perhaps the most talented designer we have ever graduated out of this school.” (Uittreksel uit ’n brief wat prof.

David Crane van die Universiteit van Pennsilvanië aan Uytenbogaardt se pa in Kaapstad geskryf het en aangehaal

is in Architect and Builder July 1961:32)

Indien die gemeentelede van Welkom-Wes bewus was van Uytenbogaardt se talent, het hulle nie omgegee nie –

hulle wou nie die kaal en lelike dik muurkerk hê wat hy ontwerp het nie. In 1964, na menige vertragings en ver oor

begroting, word die nuwe kerkgebou vir die NG Gemeente Welkom-Wes weldra voltooi en ingewy.

Volgens my is hierdie kerk die enigste ware brutalistiese religieuse gebou in ons land. Van die preekstoel tot die

doopvont is deur Uytenboogaardt ontwerp en uit beton gegiet. Net soos die brutalistiese ontwerp van hierdie

kerkgebou die NG gemeentelede byna tot ’n koeksisteroorlog gedryf het, is brutalistiese argitektuur nog altyd ’n baie

verdelende argitektuurtaal, veral in Suid-Afrika.

So wat op aarde is brutalisme? hoe herken mens die eienskappe van so ’n gebou, en hoekom is dit so kontroversieel?

Brutalisme verwys na die (letterlik “brute”) eerlike gebruik van boumateriaal in ’n gebou. So word beton byvoorbeeld

gegiet en net so gelaat. Estetika word dus bepaal deur die metode van konstruksie, in die geval van beton: vormwerk

en “furule holes” (gaatjies in beton). Die kern van die estetika word uitgedruk deur die metode van konstruksie. Elke

materiaal word in rou en brute vorm gebruik. Reyner Banham skryf: “The aesthetic for which they strove was the

uncompromising ruthlessness, intellectual clarity and honest presentation of structure and materials.” Eenvoudige en

platoniese vorms en ook geometrie vorm ’n belangrike deel hiervan.

Brutalisme het in Suid-Afrika hoogty gevier vanaf die middel sestigs tot middel /einde sewentigs – hoë apartheid,

wat natuurlik baie mense se assosiasie met die styl is. Dit is ook in hierdie tydperk dat verskeie Afrikaanse

universiteite soos byvoorbeeld die Randse Afrikaanse Universiteit gebou is en mens kan op hierdie kampus vandag

nog uitstekende brutalisme beleef.

Die gerekende wêreldleier van brutalisme was die argitek Louis Isadore Kahn, ’n Amerikaanse argitek gesetel in

Philadelphia waar hy sy eie ateljee in 1935 gestig het en ook klas gegee het in Pennsilvanië. (Waar ons vriend

Uytenbogaardt ook gewerk het) (Wikipedia.) Een van Kahn se bekendste aanhalings was “even a brick wants to

be something”.

Daar loop ’n goue draad vanaf Kahn in Pennsilvanië in Amerika reg deur tot ons eie argitektoniese erfenis in Suid-

Afrika. Heelwat van ons gerekende argitekte het meesterklasse van hom bygewoon of is regstreeks deur hom en sy

tydgenote beïnvloed.

23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!