16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

’n Kelner kom sit sjef Bulpitt se gerookte snoekpannekoek voor ons neer. Snoek, ’n ou Kaapse tradisie. Om ’n gesofistikeerde

geurtjie aan dié Weskus-stapelvoedsel te gee word dit met ’n ligte pannekoek, suurtjies en ’n beleë chedderkaas

gekombineer. Ons onderhandel oor die wyn wat die beste hierby sal pas.

“Ek weet jy gaan die 2018 La Motte Chardonnay kies,” sê Bulpitt met ’n vonkel in sy oog. “Uitstekende pasmaat vir

hierdie komplekse geurkombinasie.

Voor my is koskuns. ’n Pannekoek soos ’n halfmaan gevou. Bo-op rus die fynste handgeplukte vars kruie, bessies en

eetbare blommetjies.

Ek vra aan Bulpitt waar die restaurant op die ranglys van Suid-Afrikaanse restaurante lê. Hy antwoord dat hy nie ’n

posisie-gefokusde ingesteldheid het nie. “Baie sjefs gryp terug na die wortels van kookkuns. Hulle verfyn en vereenvoudig

die gastronomiese fase – daardie stywe formele etes – wat die wêreld die afgelope 15 jaar oorheers het. Ons

fokus is om getrou te wees aan Suid-Afrika se kos-erfenis, deur te verfyn en ’n moderne aanslag by die kookkuns van

ons grootouers te voeg. Ons posisie is uniek binne Suid-Afrika en soos elke ander instelling, is ons doel om ’n gesprek

onder ons gaste uit te lok, en dat hulle disse en herinneringe uit hul kinderdae onthou.”

Bulpitt se snoekgereg vertel ook ’n ander storie. Hy is in Walvisbaai, Namibië, gebore en van sy vroegste kosherinneringe

is om met die grondpad na die viswinkel te loop waar hulle snoek gekoop het. “Ek onthou nog die rook in die

lug nog voor ons die winkel gesien het waar hulle ook snoek gerook het. Vandag nog is snoek my gunstelingvis en

ek is mal oor gerookte geure – danksy daardie vroeë bekendstelling. My pa het nasionale kleure in hengel gehad en

het my baie keer saamgeneem wanneer hy gaan hengel. Ek het sulke kosbare herinneringe van ons klein kombuisie

waar ons die vorige aand se braaigaljoen koud geëet het. Ons kenne wat so blink van die vet.”

Bulpitt se aardse benadering tot kos kan ver terugvoer word. Hy bring as kind baie tyd by sy ouma

Rina op ’n plaas by Rustenburg deur. Om in die plaaskombuis te help was doodnatuurlik. “Sy was

’n meesterbakker en ’n merkwaardige kok. Die plaas was baie selfonderhoudend en my oupa en

ouma het omtrent elke groente- en vrugtesoort daar gehad. En ook elke moontlike slagdier. Dit is

vanwaar ek my voorkeur vir vars plaasprodukte gekry het. Ons moes ook help met die slag van

diere en verwerking van die vleis. Al daardie vakansies op die plaas was so ’n leerskool. Ons is

ook soms gevra om die skape en bokke op te pas. Dan is ons ook gestuur om vir etes slaaiblare,

groente, avokadopere en vrugte te gaan haal. In ouma se yskas was daar altyd ’n fles met varkvet vir

jou warm roosterbrood. Die spens was ook vol flesse ingelegde groentes, vrugte en konfyte van die

vorige seisoen. Van my kosbaarste herinneringe is die rond klim in die avokadopeerbome en hoe ek

my trommelvol aan moerbeie geëet het.

“My ma en pa, Wilma en Joe, kook altwee. Ma doen die elkedagse kookwerk en Pa is in beheer van vis, kerries, afval

en braai. Hulle is so ’n goeie span. Ons kinders moes altyd help. Rys kook, ertappels skil of die opwaswerk waarvan

ons niks gehou het nie. My ouma was my ma se ma. Jy kan jou net indink hoe goed my ma ook in die kombuis is.”

Ons eet vir ’n ruk in stilte en dan kyk Bulpitt op: “Ek hoop ek erf eendag my ouma se resepteboeke.”

Van ouma se kombuis op die plaas tot in die kombuise van die voorste sjefs in die wêreld. Bulpitt het internskappe vir

twee maande by The Ledbury in Notting Hill, ses weke by Noma en ’n week by Nimb, albei in Kopenhagen gedoen.

Hy vertel dat jy dan net fokus en werk, leer, en steel hy met die oë soveel as wat jy kon vir die tydjie wat jy daar was.

212

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!