16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Opaalblou en ou meubels maak Karen Richards dolgelukkig.“Gee my 50 skakerings

van blou en ’n ou stoel en ek is in my noppies.”

Haar werk as binnenshuise ontwerper is ’n liefde wat wortel geskiet het tydens

haar brugjaar in Jerusalem, Israel, 24 jaar gelede. “Jerusalem het my geboei. Dit

is ’n stad van kontras tussen oud en nuut. Dit is ’n stad wat ek elke dag opnuut

ontdek het en waar die geskiedenis van die Ou Stad homself soos ‘n ui afskil. Dit

is ook ’n stad ryk aan diverse kulture en waar alles in die detail lê. As jy mooi kyk,

vertel elke hek, muur, gebou en hoeksteen ’n storie.”

En jou huis moet ook ’n storie vertel, sê Richards. “Jou huis moet vol lewe wees en staaltjies van jou liefdes deel. Ek

wil nie in ’n koue katalogusfoto instap nie. Met die intrapslag wil ek weet wat jou huis se dekor van jou openbaar – is

dit ’n verhaal van reise, van woorde, van avonture, van struktuur, van humor of van fantasie?” Sy sê jou huis se dekor

is ’n direkte uitvloeisel van jou persoonlikheid en dit vertel stories van waar jy was, wat jy gesien het en waarvoor jy

lief is. “My eerste vraag aan ’n kliënt is: waarvan hou jy in jou huis? Wat is jou hartsgoed?” Dalk is dit die Vladimir

Tretchikoff teen jou kombuismuur, die Africana-versameling in jou gang, die riempiestoel in jou kamer of ’n stuk lap

uit Peru wat oor jou bank hang. Die Koningin Anne-sitkamerstel in Richards se huis verklap sy hou van oudhede. Die

lang tafel op haar stoep spreek van samesyn. “ ’n Huis moet die eienaar se belangstellings op ’n mooi en funksionele

manier reflekteer. Dít wat tot jou spreek en dit wat jou gelukkig maak.”

Richards is lief vir stories waar oudhede en moderne goed mekaar aanvul en komplimenteer. Of waar ’n matchymatchy

vertrek met ’n wispelturige element gebreek word. “Ek hou van ’n mengelmoes van bykomstighede en meubels.

Ek is ’n voorstander van ’n huis vol karakter en waar die ongewone my laat glimlag, soos ’n splinternuwe kombuis

wat die wortels van ’n Victoriaanse boustyl behou, erfstukke wat langs moderne meubels staan of ’n stoel met bal-enkloupote

wat nuwe lewe kry met ’n laag glansverf. Ek meng en pas patrone, kulture en teksture, oud en nuut, en ek

probeer altyd om ’n kliënt se huis met siel en betekenis in te kleur.”

Die natuur is ook vir Richards ’n eindelose bron van inspirasie en speel ’n belangrike rol in haar binnenshuise

ontwerp. Sy is bedag op die natuur se ritme en patrone – van die oogvlek op ’n pou se stertveer en die spiraal in ’n

dennebol tot die geometriese patrone in ’n byekorf. “Net soos die ritme in die natuur, skep ’n visuele herhaling in jou

huis ook balans.” Met haar fyn waarnemingsoog sien Richards ook meer as net kleur in die wêreld raak. “Ek sien

skakerings van blou in die hemel, skakerings van groen in die park se gras en skakerings van bruin in die geboue

in Eloffstraat. Is dit die wysheid in blou of die passie in rooi …? Is dit die speelsheid in geel, die kalmte in groen of

die tydloosheid van wit wat jou aantrek? “Kleur het ’n geweldige uitwerking op ’n mens se psige en daarom is kleur

gewoonlik die wegspringplek van my projekte, want kleur verklap dadelik iets van jou persoonlikheid en identiteit.”

Richards onthou die kleurpalet in haar ouerhuis. “Ek het in die vroeë tagtigs grootgeword, in ’n huis waarvan die

dekor kenmerkend van daardie tyd was: bruin matte met bonkige patrone, liggroen gordyne, oranje linoleumvloerbedekkings

en baie vierkantige glastafeltjies. Ek het gereeld geskenkpapier opgesny en dit onder die tafels se

glasblaaie geplak om sodoende die dekor bietjie op te tower!” Richards lag terwyl sy dié prentjie oproep en sê

dekorelemente van die jare sewentig het reeds weer kop uitgesteek. “Dink aan macramé-planthouers en macramémuurbehangsels,

rottangmeubels, kurk, ’n huis vol plante en geometriese patrone.”

En wat hou die toekoms vir die dekorlandskap in? Baie huise is reeds “slimhuise” sê Richards en die toekoms van

binnenshuise ontwerp sien volhoubare en ekovriendelike ontwerp, die verskynsel van klein en kompakte spasies wat

in tuistes omskep word vir ’n minimalistiese leefwyse, virtuele realiteit en 3D-ontwerpe.

“Stel jou ’n huis voor waar elke item, van jou kas tot jou koffiepot met jou in wisselwerking is – sulke futuristiese

binnenshuise ontwerp is ons voorland,” sê Richards. “Solank ons huise net altyd ’n storie sal vertel.”

30

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!