16.08.2022 Views

DEKAT DIGITAL 2019 - 2020

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you. The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

DEKAT Magazine is the custodian of Afrikaans Culture. Well known for exceptional photography and design, the 2022 luxury edition will delight you. You will find topical lead articles, lifestyle articles focusing on art, culture, design and décor, motoring, food and wine and travel. In addition, we find hidden stories, meet extraordinary people and share divine recipes with you.
The 320-page book is a unique window into the lives of the Bohemians and the Eccentrics living on the Southern tip of Africa.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

“Ek werk aanhoudend, as ek nie weet wat om volgende te doen nie, doen ek meer van

wat gewerk het op verskillende maniere, en dit lei tot vernuwing. Ek fokus nie op wat

almal anders doen nie, want dan sal ek my identiteit verloor, maar ek weet presies wat

oral aangaan, wat op elke loopplank in die wêreld gebeur en watter kwessies die mode

op die oomblik ondersoek.”

Marianne Fassler se liefde vir Suid-Afrika was nog nooit oop vir bespreking nie, nie

regtig nie. Hier is waar sy wil bly. “Ek is committed tot Suid-Afrika en ek glo hierdie

land het alles om my te onderhou, ek kan my nie indink dat ek iewers anders kan

thrive nie, ek is intrinsiek in my verstand en siel ’n Afrikaan. “Baie van my vriende het

professionele besluite geneem en is baie suksesvol in die buiteland, maar dit is nie vir my of my familie ’n opsie

nie, ons gee nie toe aan daardie narratief nie.”

Fassler dink in New York, waarheen sy saam met haar dogters en Sibella net ná die Otter gereis het, aan haar pa se

woorde, “wanneer was die laaste keer dat jy iets vir die eerste keer gedoen het?” Sy lewensmotto.

“Toevallig is ons in New York tydens die jaarlikse meerminparade by Coney-eiland en die 50ste herdenking van

Stonewall.“

“En ek besluit toe om Coney Island toe te gaan. Op pad stuur my dogters vir my boodskappe, ‘ons is op die

subways en die subways is vol meerminne’. Dit was ’n wonderlike dag. Vir agt uur was die subways vir meerminne

en Poseidons. Daar was soveel om te beleef, soveel vignettes van ’n kop tot tone blou geverfde Poseidon met ’n

zimmerraam tot ’n dood moë vrou met ’n blou meermin opblaaspop in haar arms op pad huis toe.” Almal was

daar, sowat 850 000 mense, om hulle self uit te leef of om te sien hoe ander mense hulle uitleef. Daar was

poedelnakende kaal nimfe met blou pruike, seerowers met oogklappe en ‘swag’, konings van die see met lang

baarde en seewier in hulle hare, meerminne met blink sterte en waterborreltjies, groot en klein. Dit was ’n fees!

“En die volgende oggend, toe ek vir die eerste keer oor die hele Brooklyn-brug saam met my dogters stap en ons in

Soho aankom, het mense na my gewys en gesê, ‘Ja, die meerminparade …’ ”

’n Week later is Fassler buitekant Londen by Clivedon House, ’n ou herehuishotel toe ’n meisietjie verstom na haar

kyk en hardop vir haar ma vertel van die mens met die blou hare.

Verleë probeer die ma haar kind stilmaak, maar Fassler is gewoond daaraan. “Ek’s ’n meermin,” sê sy. Die meisietjie

is daar weg vol bewondering. Nou het sy ’n bewys dat meerminne werklik bestaan.

Fassler lag.

“Ons móét die magic lewendig hou.”

168

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!